Zephany (A): Twee ma's. Een dogter. 'n Ongelooflike ware verhaal.

Zephany (A): Twee ma's. Een dogter. 'n Ongelooflike ware verhaal.

by Joanne Jowell
Zephany (A): Twee ma's. Een dogter. 'n Ongelooflike ware verhaal.

Zephany (A): Twee ma's. Een dogter. 'n Ongelooflike ware verhaal.

by Joanne Jowell

eBook

$11.49  $14.74 Save 22% Current price is $11.49, Original price is $14.74. You Save 22%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Die ontvoering van baba Zephany Nurse uit die kot langs haar ma se hospitaalbed het die hele Suid-Afrika aangegryp. Haar desperate ouers het herhaaldelik gepleit dat sy veilig terugbesorg word, maar daar was geen teken van die baba nie. Vir 17 jaar lank, op haar verjaarsdag, het die Nurse-gesin kerse aangesteek en gehoop en gebid. 'n Klipgooi van die Nurse-gesin af het die 17-jarige Miché Solomon pas met matriek begin. Sy het 'n kêrel gehad en toegewyde ouers. Sy het gedroom oor die matriekafskeid en die rok wat haar ma vir haar sou maak. Sy het nie die vaagste benul gehad dat 'n nuwe meisie in die skool, wat ongelooflik baie soos sy lyk, en 'n DNS-toets haar wêreld tot in sy fondamente sou skud nie. Miché is nou 22. Met verbysterende volwassenheid, eerlikheid en deernis vertel sy hier vir die eerste keer háár storie, in haar eie woorde, oor wat dit beteken om lief te hê en geliefd te wees, en om jou eie identiteit op te eis.

Product Details

ISBN-13: 9780624086444
Publisher: Tafelberg
Publication date: 08/09/2019
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 320
File size: 4 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Met 'n akademiese agtergrond in Engels en sielkunde, en ná 'n kortstondige dog vormende skof as bestuurskonsultant, het Joanne Jowell op die ouderdom van 28 professioneel begin skryf. Haar eerste boek, Managing the Quarterlife Crisis: Facing Life's Choices in Your 20s and 30s, het in 2003 verskyn. Sulke trefferbiografieë soos On the Other Side of Shame: An Extraordinary Account of Adoption and Reunion en die storie van surrogaatouerskap Winging It: Jonathan Kaplan's Journey from World-Class Ref to Rookie Solo Dad getuig van haar spesialiteitstyl in kreatiewe niefiksie: om die veelvuldige stemme wat in 'n enkele biografie teen mekaar bots te ondersoek. Joanne woon êrens tussen die berg en die see in Kaapstad, Suid-Afrika, saam met haar man en drie kinders. Zephany is haar sesde boek.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews