Wit Wolf: Die Worcester-bomplanter se storie van bevryding
Stefaans Coetzee was maar 19 jaar oud toe hy op Oukersdag 1996 saam met twee ander verregses bomme by die Shoprite-winkel in Worcester geplant het. Vier mense - onder wie drie kinders - sterf in dié verwoestende ontploffings en Stefaans se lewe verander onherroeplik. Hy word tot moordenaar veroordeel en vir veertig jaar tronk toe gestuur. In die gevangenis kruis sy pad met wit en swart tronkbewaarders, bendelede en medegevangenes - en dié interaksie oortuig die hardkoppige jong man om met sy slagoffers versoen te raak. Stelselmatig verander Stefaans, 'n geharde rassis en lid van die Wit Wolwe, in iemand wat met nuwe oë na homself, sy verlede, en die mense om hom kyk. 'n Roerende en onvergeetlike ware verhaal van versoening en hoop.
"1131701166"

10.99 In Stock

eBook

$10.99  $14.28 Save 23% Current price is $10.99, Original price is $14.28. You Save 23%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

Overview

Stefaans Coetzee was maar 19 jaar oud toe hy op Oukersdag 1996 saam met twee ander verregses bomme by die Shoprite-winkel in Worcester geplant het. Vier mense - onder wie drie kinders - sterf in dié verwoestende ontploffings en Stefaans se lewe verander onherroeplik. Hy word tot moordenaar veroordeel en vir veertig jaar tronk toe gestuur. In die gevangenis kruis sy pad met wit en swart tronkbewaarders, bendelede en medegevangenes - en dié interaksie oortuig die hardkoppige jong man om met sy slagoffers versoen te raak. Stelselmatig verander Stefaans, 'n geharde rassis en lid van die Wit Wolwe, in iemand wat met nuwe oë na homself, sy verlede, en die mense om hom kyk. 'n Roerende en onvergeetlike ware verhaal van versoening en hoop.

Product Details

ISBN-13: 9780624088271
Publisher: Tafelberg
Publication date: 05/18/2019
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 272
File size: 2 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Stefaans Coetzee is in Julie 2015 op parool vrygelaat nadat hy byna 18 jaar van sy vonnis van 40 jaar tronkstraf uitgedien het. Hy is in Augustus 1997 tronk toe gestuur vir sy aandeel aan die Worcester-terreuraanval op 24 Desember 1996. Stefaans het matriek in die gevangenis voltooi en aan verskeie programme oor regstellende geregtigheid deelgeneem. Vandag is hy 'n aktivis vir versoening, geregtigheid en restitusie. Hy tree ook as genooide spreker op by konferensies, kerke en skole oor onderwerpe soos restitusie, vergifnis en versoening. Ná sy vrylating het hy by die liefdadigheidsorganisasie Feed a Child begin werk waar hy tans 'n projekbestuurder is. In sy vrye tyd bied hy mannekampe aan waar hy oor God se genade en tweede kanse gesels. Stefaans is 'n ywerige leser van veral biografieë en motiveringsboeke en skryf graag gedigte en kort stories. Hy is een van Nedbank se atlete en het die Comrades-marathon in 2016 voltooi.
Alita Steenkamp is 'n vryskut-joernalis en skrywer wat in haar loopbaan van 20 jaar honderde artikels vir 'n verskeidenheid publikasies geskryf het. Profiele van bekendes en reisstories is haar gunstelinggenre. Van haar kinderversies is ook in Rympies vir Pikkies en Peuters en Rympies vir Kleintjies en Kleuters opgeneem. Sy is getroud met die ondersoekende joernalis en skrywer De Wet Potgieter. Sy hou van tuinmaak, lees en om lang ente te stap. Die geselskap van haar drie hondekinders en Toffie die kat sorg dat sy nooit alleen is nie.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews