Wegloopwinter

Wegloopwinter

by Rona Rupert
Wegloopwinter

Wegloopwinter

by Rona Rupert

eBook

$6.99  $7.83 Save 11% Current price is $6.99, Original price is $7.83. You Save 11%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

In ’n rykmansbuurt in Kaapstad word Manuel hartstogtelik lief vir ’n hond wat nie aan hom behoort nie; hier bots hy ook vir die eerste keer met die gereg, maar maak kennis met die stil sersant wat ’n ommekeer in sy lewe sou bring. In Manuel se eie buurt, waar daar nie tuine is nie en waar die stoepe vol wasgoed hang, waar sy ma se goeie bedoelings verswelg word deur die swarighede van ’n sukkelbestaan, het hy darem vir Carlos, sy wonderlike broer, wat hom eendag gaan saamneem om vér van Blakestraat 3a af te gaan woon. Maar Carlos steur hom nie eintlik aan Manuel nie. By die skool is Manuel die droster, ’n dommerd, en bowenal: Fat Clown. Want Manuel is vet, en hy haat homself daaroor. Maar dit help nie – vir al die leegheid en eensaamheid in sy bestaan ken hy net een raat: eet. En toe gebeur die Sirkus met Manuel. ’n Heel besonderse sirkus wat alles verander, tot in Blakestraat 3a . . . In Rona Rupert se boeiende verhaal met sy buitengewone agtergrond is daar veel te ontdek: dat herkenning van eensaamheid in ’n ander wedersydse genesing kan bring; dat selfrespek die grondslag is van gee én ontvang, dat dit vir elke mens nodig is om nodig gehê te word.

Product Details

ISBN-13: 9780624078333
Publisher: Tafelberg
Publication date: 07/17/2016
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 118
File size: 1 MB
Age Range: 12 - 18 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Carolina Wilhelmina (Rona) Rupert is op 7 Februarie 1934 op Calvinia gebore. Rona het Afrikaans en Musiek aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. In 1953 ontvang sy ’n BA-graad, en ’n Onderwysdiploma en Lisensiaat in Klavier in 1954. Sy het ook musiek by die Muzieklyceum in Amsterdam studeer. Rona het vir ’n hele paar jaar musiek- en klavierlesse gegee. Die Hantam en sy mense het vir Rona Rupert na aan die hart gelê. Daarvan spreek die titel van haar eerste boek, Koningskind van die Hantam (1967). Van haar ander bekende boeke is Wat maak jy, Hektor? (1974), Woorde is soos wors (1979), Al Everest se voëls (1984) en Drie lemoene en ’n duif (1992). Sy ontvang onder meer die C.P. Hoogenhout-medalje vir kinderboeke vir Wat maak jy, Hektor?, die MER- en Ou Mutual-prys vir Al Everest se voëls en die Tienie Holloway-medalje vir Nou wil almal sien. Rona Rupert is op 25 Augustus 1995 oorlede. Sy het meer as 33 kinder- en jeugboeke geskryf.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews