Weefselsoute vir Heilsaamheid

Weefselsoute vir Heilsaamheid

by Margaret Roberts
Weefselsoute vir Heilsaamheid

Weefselsoute vir Heilsaamheid

by Margaret Roberts

eBook

$7.49  $8.50 Save 12% Current price is $7.49, Original price is $8.5. You Save 12%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Hierdie boek is waarskynlik een van die mees ongewone wat jy ooit sal lees – een wat jou denke oor gesondheid en jou hantering van stres in die daaglikse lewe sal verander. Weefselsoute – ook bekend as sel- of biochemiese soute – is ’n groep van 12 minerale wat perfek gebalanseerd in ons liggame teenwoordig behoort te wees sodat ons heeltemal gesond kan wees. Dié soute word in die natuur in die aarde se gesteentes en grond aangetref en kom natuurlik voor in gewasse wat organies in mineraalryke grond gekweek is. Maar met die vinnige tempo van die moderne lewe en die tydbesparende gemors- en geprosesseerde kos wat ons geneig is om te eet, ontbreek dit in ons liggame en word ons vatbaar vir’n wye reeks kwale. Margaret Roberts deel in hierdie boek haar uitgebreide ervaring van hoe om die dieet met weefselsoute aan te vul en hoe dit nie net goeie gesondheid bevorder nie, maar ook spesifieke kwale behandel – in die vorm van ’n tablet wat maklik is om te neem of deur middel van druppels. Margaret beklemtoon dat dit ook belangrik is om baie vrugte, groente en kruie ryk aan die bepaalde minerale te eet, en die name daarvan verskyn in elke hoofstuk. Weefselsoute is binne almal se bereik omdat hulle goedkoop en geredelik by apteke oral in die land beskikbaar is. Dit is die natuur se manier om ’n moeë, afgematte liggaam weer blakend gesond te maak en wakker en positiewe denke te herstel.

Product Details

ISBN-13: 9781775841937
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 04/05/2014
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 128
File size: 4 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Margaret Roberts het ’n fassinerende loopbaan in die wêreld van gesondheidsleer en tuinmaak geskep. Sy wy haarself aan alle natuurlike dinge wat ’n mens kan opkikker, gesond maak en inspireer, hetsy die skepping van tuine, onderrig oor die wonder van kruie of die kweek van ’n wye verskeidenheid medisinale en voedsame plante by haar Kruiesentrum. Margaret het reeds verskeie boeke en tientalle artikels oor kruie, gesondheid en tuinmaak gepubliseer en is ook bekend vir haar televisie-aanbiedings en radiopraatjies.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews