Waar onthou begin

Waar onthou begin

by Connie Luyt
Waar onthou begin

Waar onthou begin

by Connie Luyt

eBook

$10.99  $14.00 Save 22% Current price is $10.99, Original price is $14. You Save 22%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Toe Elfrieda ná ʼn lang koma uiteindelik haar oë oopmaak, is haar kop leeg. Angs pak haar toe sy in ’n Durbanse hospitaal besef sy kan níks van haar verlede onthou ná sy voor ’n motor ingehardloop het nie. ’n Terloopse opmerking deur Michael, die neuropsigiater wat na haar omsien, bring ’n flits herinnering: Voor haar sien sy ’n vaalgroen boekie oor die lewe van die ontdekkingsreisiger David Livingstone se vrou, Mary. Met behulp van Michael begin Elfrieda stadig die legkaartstukkies van haar geheue aanmekaar sit. Maar die onthou bring seer: Soos die herlewing van die tragedie van haar pa se ongeluk tydens ’n vakansie by die see en haar ma se kille verwyt en woede daarna. Elfie se pad na vergifnis en vrede verby die skok en ontsetting van onthou is lank. Onderliggend aan haar verhaal loop nog ’n verbeeldingstog: Die grootliks onbekende storie van Mary Livingstone, wie se lewe skaars ’n fluistering in die geskiedenis was.

Product Details

ISBN-13: 9781485904625
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 08/01/2020
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 272
File size: 627 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Connie Luyt is die skrywer van verskeie kortverhale en romans, onder meer Meer as een grens, Lang skaduwees oor Afrika en Reën oor die Serengeti, laasgenoemde twee vir ’n atkv-veertjie benoem en ook in Nederlands vertaal. Sy is in Malmesbury gebore en het tale en geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria studeer. Sy woon in Pretoria.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews