Voetstoots

Voetstoots

by Annelie Botes
Voetstoots

Voetstoots

by Annelie Botes

eBook

$12.99  $17.00 Save 24% Current price is $12.99, Original price is $17. You Save 24%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Voetstoots is ’n bontgejaste keur uit sestien jaar van Annelie se koerantrubrieke. Die temas is so wyd soos die Heer se genade. Rakende aan die torings van Babel wat ons bou.’n Begrafnisbrief uit Holland. ’n Boer wat sy plaashek vir oulaas sluit. Die boks langspeelplate in die gryse se waenhuis. Die smart om ’n kind te begrawe. ’n Glips met bensien in die tamatieslaai. ’n Sywurmhart wat sy in haar Bybel bêre. Mense sonder ’n woord van eer. ’n Eensame oom wie se hondjie op ’n sypaadjie doodgebyt is. ’n Lys van moets en moenies vir dames uit 1944. ’n Boks papsakwyn wat suur geword het. Dis lag, huil, kwaadword, nostalgie, deernis, onbegrip en lewenswette saamgeryg in ’n kleurvolle lappieskombers. En Annelie is bedrewe met die rygnaald.

Product Details

ISBN-13: 9781776095254
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 10/01/2020
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 408
File size: 862 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Annelie Botes is ’n kind van die Kammanassie naby Uniondale. Sy en Chris, alias die ou gryse, bly die afgelope twee-en-twintig jaar in Port Elizabeth. “Ek sal skryf tot die potlood in my kop stomp word, of tot ek dood neerslaan. Want skryf is vir my ’n sielsding.” Lugkasteel, Kainsmerk en Kammaland het by Penguin Random House verskyn
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews