Vers en vlam: 'n Poësiebloemlesing vir graad 10 Eerste Addisionele Taal

Vers en vlam: 'n Poësiebloemlesing vir graad 10 Eerste Addisionele Taal

Vers en vlam: 'n Poësiebloemlesing vir graad 10 Eerste Addisionele Taal

Vers en vlam: 'n Poësiebloemlesing vir graad 10 Eerste Addisionele Taal

eBook

$9.99  $11.70 Save 15% Current price is $9.99, Original price is $11.7. You Save 15%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Vers en vlam stel graad 10- Eerste Addisionele Taalleerders in staat om te beleef hoe Afrikaanse gedigte kreatief, intelligent en vindingryk met die taal omgaan. Die bundel is volgens die KABV se riglyne saamgestel. Die bundel se titel verwys na die Afrikaanse uitdrukking “iemand is vuur en vlam”, ’n uitdrukking wat daarop dui dat iemand baie opgewonde en entoesiasties is. In Vers en vlam is gedigte uit al die soorte Afrikaans opgeneem wat die belangrikste versvorme, literêre tydperke en temas in die Afrikaanse digkuns verteenwoordig. Só word daar ’n vlam aangesteek wat lig werp op die geskiedenis, op vandag se samelewing en verhoudings, asook op ontwikkeling en verstegnieke in die Afrikaanse poësie. Vers en vlam is vir die leerder en onderwyser ’n uiters bruikbare werkboek. Dit bevat: ’n inleiding tot die Afrikaanse poësie; biografiese inligting by elke gedig met ’n oorsig van die digter se lewe en werk; ’n kort inleiding oor die onderwerp waaroor die leerder bloot kan nadink of ’n gesprek kan voer of kan skryf; agtergrond oor elke gedig en ’n kort verduideliking waaroor dit gaan; woordverklarings van moeiliker woorde in Afrikaans en Engels; ’n afdeling “Pitkos” wat die leerder se aandag op sake vestig wat ’n sleutel is om die gedig beter te verstaan; ’n afdeling “Leerfokus” wat die poësietegniek wat in die gedig gebruik word, saamvat; kontekstuele vrae wat leerders help om soveel as moontlik van die gedig te verstaan, dit te interpreteer, en hul gevoel daaroor weer te gee; ’n afdeling “Vir jou joernaal en/of in die klas” wat leerders die geleentheid bied om skeppend op aspekte van die gedig te reageer; ’n glossarium wat literêre begrippe verduidelik. Ekstra hulpmateriaal kan gratis afgelaai word by www.nb.co.za

Product Details

ISBN-13: 9780798171717
Publisher: Human & Rousseau
Publication date: 11/06/2015
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 176
File size: 347 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Jeanette Ferreira het in die Laeveld grootgeword. Na ʼn akademiese loopbaan as o.m. professor in letterkunde, was sy by verskeie uitgewerye werksaam. Sy het al verskeie versamelbundels saamgestel, meer as 10 boeke in verskillende genres gepubliseer en is veral bekend vir haar gewilde historiese romans: Babette, Catharina en Charlotta.
Erna du Toit is ʼn gesoute Afrikaansonderwyser, vertaler en skrywer van huistaalreekse. Sy woon en werk in Kaapstad en is passievol oor die taal en al sy tonge.
Hanna Geldenhuys het ʼn doktorsgraad in letterkunde (poësie), was betrokke by Eerste Taalonderrig in verskeie hoërskole en senior lektor by Ekurhuleni-Wes se Kemptonpark-kampus, gemoeid met die onderrig van Sakeafrikaans (Eerste en Tweede Taal) vir die Seniorsertikaat in Sakestudies. Sy was ook vir etlike jare die Nasionale Eksaminator vir hierdie vakke.
Michael le Cordeur het in die Boland grootgeword. Na ʼn honneursgraad in letterkunde en ʼn B.Ed-graad aan die UWK volg hy ʼn onderwysloopbaan: eers taalonderwyser en later skoolhoof en kringbestuurder. Hy verwerf daarna ʼn M.Ed-graad in kurrikulumstudies en ʼn doktorsgraad in Afrikaansonderwys aan die Universiteit Stellenbosch, waar hy tans ʼn senior lektor en departementshoof in Kurrikulumstudies is. Hy is die skrywer van verskeie handboeke vir skole en universiteit.
Alicia van der Spuy het ʼn MA (cum laude) in Tweedetaal Onderrig en ʼn doktorsgraad in Afrikaanse Letterkunde. Sy is tans ʼn senior lektor en departementshoof (Corporate Communication and Marketing) aan die Walter Sisulu Universiteit in Oos-Londen.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews