Van sprokie tot tragedie in die kollig

Van sprokie tot tragedie in die kollig

by Ilse Salzwedel
Van sprokie tot tragedie in die kollig

Van sprokie tot tragedie in die kollig

by Ilse Salzwedel

eBook

$8.49  $9.50 Save 11% Current price is $8.49, Original price is $9.5. You Save 11%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Die tragedie wat op Valentynsdag 2013 Reeva Steenkamp se lewe kortgeknip en Oscar Pistorius se status as internasionale sportheld aan skerwe laat spat het, en die ongekende mediadekking van die sensasionele moordverhoor daarna, het verreikende gevolge op vele terreine gehad. Soos nog nooit tevore nie het die kollig geval op fasette wat ons lewens op talle terreine raak: die manier waarop regspleging in Suid-Afrika geskied; hoe sosiale en nuusmedia opinies genereer, beïnvloed en rapporteer; die publiek se obsessie met heldestatus; en die intriges wat van minnaars moordenaars maak. Vir hierdie boek het Ilse Salzwedel deur ’n vloedgolf menings gesif om sin te maak van die Oscar-saak. ’n Fassinerende prentjie ontvou waarin sleutelaspekte ontleed word, soos die belang van forensiese besonderhede, die kundigheid van polisie- en regsbeamptes, die rol van die staat en die verdediging in die hof, die effek van mediadekking op die publiek se persepsies, en nog meer. In die toeganklike, nugtere en nie-sensasionele styl waarvoor dié gerespekteerde joernalis bekend is, vra die skrywer: watter lesse hou ’n tragedie soos hierdie in vir vandag se samelewing?

Product Details

ISBN-13: 9780143531562
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 09/30/2014
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
File size: 357 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Ilse Salzwedel is ’n bekende vryskutjoernalis van Johannesburg, met jare se ervaring van die Suid-Afrikaanse media. Sy is aanbieder van Skrywers en boeke wat weekliks op RSG uitgesaai word. Sedert 2011 het sy vier boeke gepubliseer: Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee; Bloedsusters; Die onvertelde stories van Afrikaans en Selna Visser: my hel in Dubai. Sy het verskeie toekennings vir haar skryfwerk ontvang.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews