Tussen heinings

Tussen heinings

by Corlia Fourie
Tussen heinings

Tussen heinings

by Corlia Fourie

eBook

$11.49  $15.20 Save 24% Current price is $11.49, Original price is $15.2. You Save 24%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Elize is artikelredakteur by ’n nuwe tydskrif. Sarita is verhaalredakteur. In ’n tyd van misdaad en misverstand, van vervreemding en verval, probeer hulle sinvol leef en werk in voorstedelike Johannesburg. Hulle lewens is nou verweef met dié van jonger joernaliste. Langs Elize en haar tienerdogter, Michelle, woon Tom, ’n ouer man wat die dood van sy vrou verwerk. Dan is daar ook Welcome wat tussen hulle swerf. Toenemende geweld ontsien geen heining nie en word ’n wurggreep wat dreig om alles en almal te vernietig. Tussen heinings is aktueel. Die agtergrond is alledaags, bekend. Die karakters – van Elize, wat haarself in elke situasie kan en moet handhaaf, tot Welcome, wat met soveel hoop na Suid-Afrika gekom het – bly in die geheue geprent. Dit is Corlia Fourie se vierde roman.

Product Details

ISBN-13: 9780624074779
Publisher: Tafelberg
Publication date: 08/06/2015
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 288
File size: 562 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Cornelia (Corlia) Hilda Fourie is op 11 Desember 1944 in Kuilsrivier gebore. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Hendrik Verwoerd in Pretoria en in 1965 behaal sy ’n BA-graad aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy werk daarna as joernalis by Die Burger en Sarie, en later ook as vryskutjoernalis by Beeld en Huisgenoot. Sy verwerf aanvanklik in die 1980’s bekendheid as dramaturg en kinderboekskrywer, en later ook as kortverhaal- en romanskrywer. Die meisie wat soos ’n bottervoël sing is een van haar kinderboeke wat onder meer met die MER-prys en Tienie Holloway-medalje bekroon is. In 1992 ontvang sy die ATKV-prys vir goeie gewilde prosa vir haar kortverhaalbundel Liefde en geweld. In 1994 is Die wit vlinder een van drie Suid-Afrikaanse boeke wat eervolle vermelding gekry het vir die Noma-prys vir boeke uit Afrika.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews