Tot die dood ons skei: Mans wat hul vroue vermoor

Tot die dood ons skei: Mans wat hul vroue vermoor

by Schalk Schoombie
Tot die dood ons skei: Mans wat hul vroue vermoor

Tot die dood ons skei: Mans wat hul vroue vermoor

by Schalk Schoombie

eBook

$10.49  $12.44 Save 16% Current price is $10.49, Original price is $12.44. You Save 16%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Wat dryf iemand om sy vrou of lewensmaat te vermoor? Hoe is dit moontlik dat ons, ná meer as ’n eeu van vroueregte, steeds daagliks hoor van skynbaar doodgewone mans wat hul vroue aanrand, vermink en vermoor? Bekende joernalis en skrywer Schalk Schoombie kyk indringend na die verskynsel van "intieme vrouemoord", iets wat in Suid-Afrika krisis-afmetings aanneem. Aan die hand van talle gevallestudies maak hy skokkende bevindings, waaronder dat jy nooit te oud is om deur jou man aangerand of vermoor te word nie, en dat nie eers swangerskap vrouemoord verhoed nie. Enigiets, selfs skroewedraaiers, word as moordwapen gebruik, en vrouelyke word selfs in vate en tasse versteek. Tot die dood ons skei is 'n skokkende oopvlek van 'n misdaad wat skrikwekkend algemeen geword het.

Product Details

ISBN-13: 9780798172912
Publisher: Human & Rousseau
Publication date: 02/02/2018
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 248
File size: 2 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Schalk Schoombie is gebore in Pretoria en het grootgeword in Kempton Park. Ná sy dramastudies aan die Universiteit van Pretoria was hy akteur, kunsresensent, en redakteur van De Kat. As vryskutjoernalis skryf hy vir Insig, Rooi Rose, Sarie en Rapport. Hy is bekroon met ’n Mondi (1994), ’n ATKV-Mediaveertjie (2009), ’n AngloGold Ashanti-Smeltkroesprys (2012), en ’n Spesiale Toekenning vir Besondere Kultuurprestasie deur die FAK. Hy het reeds nege toneelstukke geskryf. Schoombie se debuutroman, Boomkastele (2015), is ook deur Human&Rousseau gepubliseer en is in 2016 genomineer vir die ATKV-prosaprys en die Jan Rabie/Rapportprys. Hy woon in Alberton met sy gesin en drie Jack Russells.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews