Swemlesse vir 'n meermin

Swemlesse vir 'n meermin

by Marita Van der Vyver
Swemlesse vir 'n meermin

Swemlesse vir 'n meermin

by Marita Van der Vyver

eBook

$7.49  $8.75 Save 14% Current price is $7.49, Original price is $8.75. You Save 14%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Daar’s belangrike dinge wat jy moet weet om jou tienerjare te oorleef. Soos, wat maak jy as jy groen is van jaloesie elke keer as jy na die gewildste, mooiste, coolste meisie in die klas kyk? Of hoe gemaak as jy verlief is op ’n ouer seun wat nie eens weet wat jou naam is nie en waarskynlik nooit sal weet nie, want hy is óók verlief op die gewildste, mooiste, coolste meisie in jou klas? En waarom kan niemand behalwe jy agterkom hierdie meisie is eintlik ’n total fake nie? Is daar iets verkeerd met jou? Dis sulke soort lewensbelangrike raad wat jy hier gaan kry. Asook raad oor familie, ouers, broers en susters. Oor skool en geld en geluk en klere en allerhande dinge waaraan ek nog langs die pad sal dink. Toe Hanna Hoekom se sussie Ariel daardie dag op die verlate berg gebore is, het Hanna gewens sy moet nooit in haar lewe seerkry nie. En nadat sy die storie van hulle rampspoedige vakansie geskryf het, hét sy aanhou skryf, aan ’n lewensgids vir Ariel, want wie wens nie hulle het ’n ouer suster wat kan raad gee oor skool en vriende en ouers en allerhande dinge nie?

Product Details

ISBN-13: 9780624071051
Publisher: Tafelberg
Publication date: 05/05/2015
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 168
File size: 678 KB
Age Range: 12 - 16 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Marita van der Vyver het haar kinderjare in Kaapstad deurgebring en 'n meestersgraad in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. In haar twintigerjare publiseer sy drie jeugromans voordat haar eerste volwasse roman, Griet skryf 'n sprokie, in 1992 'n blitsverkoper en 'n literêre sensasie word. Haar volwasse romans word deurgaans in Engels, Hollands en Duits vertaal, terwyl Griet skryf 'n sprokie in sowat 'n dosyn tale gepubliseer is. Marita woon op 'n klein dorpie in die suide van Frankryk saam met haar Franse man, Alain Claisse. Hulle het drie seuns en 'n dogter.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews