Studiewerkgids: Pad na jou hart - die roman Graad 10 & 11 Huistaal en Eerste Addisionele Taal

Studiewerkgids: Pad na jou hart - die roman Graad 10 & 11 Huistaal en Eerste Addisionele Taal

by Alta Engelbrecht
Studiewerkgids: Pad na jou hart - die roman Graad 10 & 11 Huistaal en Eerste Addisionele Taal

Studiewerkgids: Pad na jou hart - die roman Graad 10 & 11 Huistaal en Eerste Addisionele Taal

by Alta Engelbrecht

eBook

$7.49  $8.47 Save 12% Current price is $7.49, Original price is $8.47. You Save 12%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Hoe goed ken jy die roman Pad na jou hart? Verstaan jy die inhoud en struktuur van die roman? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Pad na jou hart, vir Graad 10-11 Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die roman word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die roman verwys. Wat maak ons studiewerkgidse anders? Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek. Leerders kan in ’n aparte boek die antwoorde tot die kontekstuele vrae, blokkiesraaisels en invulvrae skryf. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek. Inhoud van hierdie studiewerkgids • Agtergrondinligting oor letterkunde. • ’n Volledige bespreking oor die intrige van die roman (eksposisie, motoriese moment, verwikkeling, ontwikkeling, krisis/klimaks en ontknoping). • Kontekstuele vrae oor elke intrige-fase. • ’n Samevattende verduideliking van elke verhaalelement in die roman. • ’n Letterkundige vraestel (met wenke). • Filmstudie. • ’n Glossarium. Alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens die KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Pad na jou hart, ’n roman geskik vir Graad 10 Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal.

Product Details

ISBN-13: 9781776070725
Publisher: Best Books
Publication date: 06/15/2016
Series: Best Books Study Work Guides
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 120
File size: 3 MB
Age Range: 15 - 17 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Alta Engelbrecht het haar BA (Ed) graad (1981), Hon (1991), M(Ed) (2004) en PhD (2009) by UP (Tuks) verwerf. Sy het ’n PhD in kurrikulumstudies waarin sy doseer. Sy is verantwoordelik vir die BEd vak, Afrikaans. Sy het haar M(Ed) in 2002 in ideologiese verandering in Suid-Afrika i.v.m. verskillende rastentoonstellings in Afrikaanse taalhandboeke voltooi.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews