Stories van die kantlyn

Stories van die kantlyn

by Theuns Stofberg
Stories van die kantlyn

Stories van die kantlyn

by Theuns Stofberg

eBook

$9.99  $11.00 Save 9% Current price is $9.99, Original price is $11. You Save 9%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

’n Versameling stories oor rugby, die lewe en allerhande ander dinge wat jou sal laat lag, ontroer en opkikker, deur een van Suid-Afrika se ware rugbylegendes … Theuns Stofberg se glorieryke rugbyloopbaan het van 1976 tot 1985 geduur, en hy word in die algemeen beskou as een van die grootste Springbokke ooit. As die 36ste Springbokkaptein – een van slegs 56 spelers wat dié eer kon hê – was hy taai en kompromisloos op die veld, maar langs die kantlyn was hy ’n ware heer en uitstekende storieverteller – soos bewys word deur die anekdotes wat byeengebring is in hierdie boek. In Stories van die kantlyn neem hy lesers tot agter die skerms, na sy kinderdae as skoolseun-rugbyspeler, tot die berugte meelbom-toer in Nieu-Seeland in 1981, en ook sy Curriebeker-oorwinnings vir drie provinsies – tot vandag toe ’n ongeëwenaarde prestasie. Hy skryf ook oor hoe dit was om saam met legendes soos Morné du Plessis, Gerrie Germishuys, Schalk Burger snr. en Gysie Pienaar te speel, hy roep bewonderaars se vreemde en dikwels fleurige gedrag in herinnering en gee lesers ’n fasinerende blik op die amateurdae van rugby in Suid-Afrika. Hy vertel in sy unieke, onnabootsbare styl van sy persoonlike stryd met ’n spraakgebrek en gesondheidsprobleme, en hoe hy ’n tragedie in die familie hanteer het. Elke Suid-Afrikaanse rugbyliefhebber sal hierdie boek, wat soms diep persoonlik, soms amusant en partymaal nostalgies is, koester en geniet.

Product Details

ISBN-13: 9781770228955
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 03/01/2016
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 224
File size: 7 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Theuns Stofberg is die enigste speler in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby wat die Curriebeker vir drie provinsies verower het: die Oranje-Vrystaat, Noord-Transvaal en die Westelike Provinsie. In die 10 jaar wat hy senior rugby gespeel het, het sy span elke keer die Curriebeker-finaal gehaal, met ses oorwinnings en een gelykop uitslag. Hy het op die tere ouderdom van 21 ’n Springbok geword toe hy die legendariese Jan Ellis in 1976 in die tweede toets teen Andy Leslie se All Blacks vervang het. In sy 21 toetswedstryde het hy ses driëe gedruk en hy het as kaptein uitgedraf tydens vier internasionale wedstryde – teen Nieu-Seeland, Engeland en Suid-Amerika. Hy woon saam met sy vrou Martie op Rouana, ’n klein wynplaas tussen die Stellenbosse wingerde.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews