Stippellyn

Stippellyn

by Erika Isabel Murray Theron
Stippellyn

Stippellyn

by Erika Isabel Murray Theron

eBook

$10.99  $14.28 Save 23% Current price is $10.99, Original price is $14.28. You Save 23%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Sy het gedink dit was verby; ’n hoofstuk van haar lewe wat afgesluit is, maar toe sien sy uit die hoek van haar oog die gestalte by die begrafnisdiens inloop, ’n lang, benerige man met ’n effens ongekoördineerde manier van beweeg. Lana raak oombliklik naar en lighoofdig van die skrik. Dit is asof sy in ʼn yskoue stilte inplons, tuimel deur die afsondering en bo-aardse stilte van water, en vir altyd net daar wil bly. Lana sal mettertyd agterkom dat herlewing en die dood dikwels dieselfde skokeffek het, en dat dit dan bitter moeilik is om vas te stel wat die begin en wat die einde is. Erika Murray-Theron stuur haar karakters met soveel intelligensie en subtiliteit op hul lewensweë dat Stippellyn die gewaarwording bring van ’n ontdekking van die lewe self.

Product Details

ISBN-13: 9780624067788
Publisher: Tafelberg
Publication date: 04/15/2014
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 276
File size: 1 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Erika Isabel Murray is op 1 Oktober 1941 in Greytown gebore. Sy matrikuleer in 1958 aan die Hoërskool Glencoe en verwerf ’n BA-graad (Afrikaans/Nederlands en Sielkunde) en ’n honneursgraad aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy behaal ook later ’n honneursgraad in Afrikaans aan Unisa. Sy het as vakkundige beampte by die departement van Arbeid gewerk, was daarna verbonde aan Unisa se departement van Sielkunde, het later vryskutvertaalwerk in die vak Sielkunde vir Unisa gedoen, was as berader verbonde aan FAMSA en was gereeld op aflosbasis Afrikaansonderwyser. Sy was op verskillende maniere by die gemeenskap betrokke – onder andere by die plaaslike hoërskool, die gemeenskapsbiblioteek, as redakteur van ’n gemeenteblad en by die skakeling tussen leeskringe in Pretoria, waar sy woon. Sy doen vertaalwerk, word van tyd tot tyd gevra om manuskripte te lees en tree ook soms as spreker op. Sy skryf aanvanklik tydskrifverhale vir Sarie en later ook vir tydskrifte soos De Kat en Tydskrif vir Letterkunde. Haar eerste roman, Wie is jy Elizabeth?, verskyn in 1989 by Tafelberg. In 2002 ontvang haar roman Sê Maria die ATKV-prosaprys. In 2007 word die manuskrip van ’n Tapiserrie met klein diere as die wenner in Sanlam/Insig/Tafelberg se Groot Romanwedstryd aangewys.

Read an Excerpt

Sy het gedink dit was verby; ’n hoofstuk van haar lewe wat afgesluit is, maar toe sien sy uit die hoek van haar oog die gestalte by die begrafnisdiens inloop, ’n lang, benerige man met ’n effens ongekoördineerde manier van beweeg. Lana raak oombliklik naar en lighoofdig van die skrik. Dit is asof sy in ʼn yskoue stilte inplons, tuimel deur die afsondering en bo-aardse stilte van water, en vir altyd net daar wil bly.

Lana sal mettertyd agterkom dat herlewing en die dood dikwels dieselfde skokeffek het, en dat dit dan bitter moeilik is om vas te stel wat die begin en wat die einde is.

Erika Murray-Theron stuur haar karakters met soveel intelligensie en subtiliteit op hul lewensweë dat Stippellyn die gewaarwording bring van ’n ontdekking van die lewe self.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews