Skilpoppe

Skilpoppe

by Barrie Hough
Skilpoppe

Skilpoppe

by Barrie Hough

eBook

$6.99  $8.20 Save 15% Current price is $6.99, Original price is $8.2. You Save 15%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Toe Anna gekies word om die rol van Juliet te speel in die skoolopvoering van Romeo and Juliet, is dit vir haar soos ’n droom wat waar geword het. Maar dit word ook vir haar ’n tyd waarin sy leer dat mense, soos sy self, soveel ánder mense binne-in hulleself versteek, soos die Russiese baboesjkas of “skilpoppe”. Hierdie boek is bekroon met die Sanlam-prys vir Jeuglektuur (1998) en die M.E.R.-Prys.

Product Details

ISBN-13: 9780624068532
Publisher: Tafelberg
Publication date: 07/31/2014
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
File size: 459 KB
Age Range: 12 - 16 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Barrie Michael Hough is op 17 Januarie 1953 in Johannesburg gebore. Hy matrikuleer in 1970 aan die Hoër Seunskool Helpmekaar en studeer B.A. Kommunikasiekunde aan die Randse Afrikaanse Universiteit. In 1980 behaal hy ’n M.A.-graad in Engels met ’n tesis oor die dramaturg Athol Fugard. Hy hou vier jaar lank skool by St. Barnabas College en is in 1979 voltyds as toneelresensent by Beeld aangestel. Later jare is hy op die kunsredaksie van Rapport, waar hy oor flieks, teater en letterkunde skryf, en in 1999 is hy as kunsredakteur aangestel. In 1986 debuteer Barrie met die jeugboek, My kat word herfs, wat ’n finalis in die Sanlam-jeugverhaalwedstryd is. Sy tweede jeugboek, Droomwa (1990), verower drie pryse: Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer), Alba Bouwer-prys en C.P. Hoogenhout-toekenning. Barrie ontvang daarna nog twee keer die Sanlam-prys vir jeuglektuur (goud), vir Vlerkdans (1992) en Skilpoppe (1998). Skilpoppe is ook die wenner van die M.E.R.-Prys. Breek, wat hy saam met Lizz Meiring geskryf het, is Barrie se laaste jeugroman. Dit het eers as toneelstuk by die KKNK en Aardklop-kunstefeeste in 2001 op die planke verskyn. Kort hierna is die toneelstuk tot roman verwerk. Barrie is op 16 Augustus 2004 oorlede.

Read an Excerpt

Toe Anna gekies word om die rol van Juliet te speel in die skoolopvoering van Romeo and Juliet, is dit vir haar soos ’n droom wat waar geword het. Maar dit word ook vir haar ’n tyd waarin sy leer dat mense, soos sy self, soveel ánder mense binne-in hulleself versteek, soos die Russiese baboesjkas of “skilpoppe”._x000D_

Hierdie boek is bekroon met die Sanlam-prys vir Jeuglektuur (1998) en die M.E.R.-Prys.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews