Sirkusboere

Sirkusboere

by Sonja Loots
Sirkusboere

Sirkusboere

by Sonja Loots

eBook

$10.99  $14.28 Save 23% Current price is $10.99, Original price is $14.28. You Save 23%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

“Welkom by die Suid-Afrikaanse Boereoorlog-vertoning,” bulder Ben. “U is by die grootste militêre skouspel wat die wêreld nog gesien het!”  Hy stap van een kant van die arena na die ander. “Ek wil u voorstel aan ’n groep helde uit die mees verafgeleë dele van Suidelike Afrika. Hulle het onverdrote in die oorlog geveg – en hulle doen dit vandag weer. Dié keer vir u plesier.” Hy word luid toegejuig. Dan verskyn daar uit die stof en rook ’n stil figuur. Agter hom huiwer ’n vrou en ’n agterryer wat lyk asof daar trane oor sy wange loop. Die gehoor versober. Die applous rafel uit. “Generaal Piet Cronjé,” roep Ben oor sy megafoon. Cronjé gaan staan met ’n geboë hoof voor die gehoor. Twee keer per dag voer hy sy grootste vernedering op: sy oorgawe in die slag van Paardeberg. Wanneer die kanonne begin bulder, is hy nie in die Amerikaanse stad St. Louis, waar hy aan die sirkusbaas Frank Fillis se Boereoorlogspektakel deelneem nie. In sy gedagtes is hy weer op die slagveld.  Waarom doen Cronjé dit? Waarom het soveel ander oudstryders in 1904 besluit om skouspel van hul trauma te maak? En wat voer die rustelose Ben Viljoen in die mou? In Sirkusboere herken jy in die karakters mense wat jy steeds teëkom: Cronjé wat verknog is aan sy smaad; Viljoen wat die verlede soos ’n vrot vel van hom afskud; Fillis vir wie die lewe ’n sirkus is. En so gebeur dit dat verlede én hede oormekaar skuif, met die makabere gedreun van applous in die ore.

Product Details

ISBN-13: 9780624053361
Publisher: Tafelberg
Publication date: 10/15/2011
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 264
File size: 648 KB
Language: Afrikaans

Read an Excerpt

“Welkom by die Suid-Afrikaanse Boereoorlog-vertoning,” bulder Ben. “U is by die grootste militêre skouspel wat die wêreld nog gesien het!”  Hy stap van een kant van die arena na die ander. “Ek wil u voorstel aan ’n groep helde uit die mees verafgeleë dele van Suidelike Afrika. Hulle het onverdrote in die oorlog geveg – en hulle doen dit vandag weer. Dié keer vir u plesier.” Hy word luid toegejuig. Dan verskyn daar uit die stof en rook ’n stil figuur. Agter hom huiwer ’n vrou en ’n agterryer wat lyk asof daar trane oor sy wange loop. Die gehoor versober. Die applous rafel uit. “Generaal Piet Cronjé,” roep Ben oor sy megafoon. Cronjé gaan staan met ’n geboë hoof voor die gehoor. Twee keer per dag voer hy sy grootste vernedering op: sy oorgawe in die slag van Paardeberg. Wanneer die kanonne begin bulder, is hy nie in die Amerikaanse stad St. Louis, waar hy aan die sirkusbaas Frank Fillis se Boereoorlogspektakel deelneem nie. In sy gedagtes is hy weer op die slagveld.  Waarom doen Cronjé dit? Waarom het soveel ander oudstryders in 1904 besluit om skouspel van hul trauma te maak? En wat voer die rustelose Ben Viljoen in die mou? In Sirkusboere herken jy in die karakters mense wat jy steeds teëkom: Cronjé wat verknog is aan sy smaad; Viljoen wat die verlede soos ’n vrot vel van hom afskud; Fillis vir wie die lewe ’n sirkus is. En so gebeur dit dat verlede én hede oormekaar skuif, met die makabere gedreun van applous in die ore.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews