Ridder in 'n wit jas

Ridder in 'n wit jas

by Amelia Strydom
Ridder in 'n wit jas

Ridder in 'n wit jas

by Amelia Strydom

eBook

$5.07 

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Carli het die werk by die mobiele kliniek bitter nodig. Haar suster en swaer se dood beteken sy moet baie vinnig werk en goedkoop blyplek vind, en die Karoo bied albei. Dít en herstelkans van die trauma van haar suster se “ongeluk”. Maar op die plaas Sielerus aangekom, loop dinge dadelik skeef. Dodelik aantreklike dokter Eben Greyling was ’n manlike kollega te wagte en wil absoluut nié ’n vrou daar hê nie. Boonop kom daar ’n onwelkome oproep van die fertiliteitskliniek waar Carli voor die ongeluk as surrogaat wou optree vir haar suster. Sy móét hierdie werk behou, en teen sy beterwete bied Eben ’n proeftydperk aan. Sal Carli die skanse rondom sy hart afbreek en haarself onmisbaar maak – in sy kliniek én sy lewe? Of gaan haar geheim ’n wig tussen hulle indryf?

Product Details

ISBN-13: 9780624067146
Publisher: Hartklop
Publication date: 07/07/2014
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 224
File size: 367 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Amelia Strydom (’n skuilnaam) het in Gauteng grootgeword in ’n huisgesin wat rondom boeke gedraai het. Sy het haar honneursgraad in godsdienswetenskap behaal en vir twee jaar daarin doseer. In 2008 het sy by ’n geboorte-eenheid begin werk, waar sy as doula (geboortebegeleier) eerstehands wonderwerke aanskou. Amelia en die liefde van haar lewe woon in ’n huis wat wemel van kinders, diere en boeke.

Read an Excerpt

Carli het die werk by die mobiele kliniek bitter nodig. Haar suster en swaer se dood

beteken sy moet baie vinnig werk en goedkoop blyplek vind, en die Karoo bied albei. Dít en herstelkans van die trauma van haar suster se “ongeluk”.

Maar op die plaas Sielerus aangekom, loop dinge dadelik skeef. Dodelik aantreklike dokter Eben Greyling was ’n manlike kollega te wagte en wil absoluut nié ’n vrou daar hê nie. Boonop kom daar ’n onwelkome oproep van die fertiliteitskliniek waar Carli voor die ongeluk as surrogaat wou optree vir haar suster. Sy móét hierdie werk behou, en teen sy beterwete bied Eben ’n proeftydperk aan.

Sal Carli die skanse rondom sy hart afbreek en haarself onmisbaar maak – in sy kliniek én sy lewe? Of gaan haar geheim ’n wig tussen hulle indryf?

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews