Rian: 16 dinge wat ek nie moes sê nie

Rian: 16 dinge wat ek nie moes sê nie

by Rian Van Heerden
Rian: 16 dinge wat ek nie moes sê nie

Rian: 16 dinge wat ek nie moes sê nie

by Rian Van Heerden

eBook

$10.99  $14.28 Save 23% Current price is $10.99, Original price is $14.28. You Save 23%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Was daar 'n medalje daarvoor om gefire te word, het dit waarskynlik aan Rian behoort. Reeds met sy heel eerste TV-verskyning as hoërskool-laaitie laat hy die wenkbroue lig. Sedertdien maak Rian mense - tot in Australië! - gereeld briesend. In dié boek praat Rian openharting oor hoe sy woorde hom soms diep in die moeilikheid laat beland het. Hy openbaar wat agter die skerms gebeur het en waarom hy sekere dinge kwytgeraak het. Met sy kenmerkende vlymskerp humor vertel Rian van sy moeilike grootwordjare in Randfontein, sy studentejare en sy loopbaan in die kollig. Hy skryf met rou eerlikheid oor sy worsteling met gaywees, sy eerste liefdesverhouding ... en hoe dit hom byna gebreek het. Hierdie boek is aangrypend, skreeusnaaks en onvergeetlik.

Product Details

ISBN-13: 9780624081111
Publisher: Tafelberg
Publication date: 02/15/2018
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 260
File size: 2 MB
Language: Afrikaans

About the Author

RIAN VAN HEERDEN is 'n radio en televisie-aanbieder, skrywer en satirikus van Pretoria. Hy het sy loopbaan by Tuks FM begin terwyl hy regte aan die Universiteit van Pretoria studeer het. Daarna het hy by Punt Geselsradio aangesluit waar hy die oggendprogram aangebied het. Dit het gelei tot 'n aanbod om die leisels oor te neem as aanbieder van die kykNET-program Voorblad. Terselfdertyd was hy die stadion-aankondiger by Loftus voordat hy twee keer afgedank is weens sy omstrede uitlatings. Rian se radio-loopbaan het hom 'n draai laat gooi by 702 Talk Radio, waar hy óók afgedank is. Hy het toe die pad gevat na Bloemfontein en die aanbieder geword van die suksesvolle middagprogram Mambo Jumbo op OFM. Gedurende sy tyd in Bloemfontein het hy 'n aanbod aanvaar om terug te keer na Pretoria waar hy uiteindelik die Jacaranda FM-ontbytprogram, The Complimentary Breakfast, aangebied het. Ná vyf en 'n half jaar het hy die tuig neergelê en oorgeneem as aanbieder van die Jacaranda FM-middagprogram, The Scenic Drive. Gedurende Rian se televisieloopbaan het hy sy eie produksie Skuur en die geselsprogram Rian aangebied. Daarbenewens was hy die aanbieder van kykNET se Op die Spel en Skelmpie. Rian het ook sewe eenmanproduksies agter die blad. Hy is 'n toegelate prokureur en aktevervaardiger van die hooggeregshof in Pretoria en het 'n meestersgraad in sielkunde.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews