Paljas: Skooluitgawe

Paljas: Skooluitgawe

by Chris Barnard
Paljas: Skooluitgawe

Paljas: Skooluitgawe

by Chris Barnard

eBook

$10.99  $14.05 Save 22% Current price is $10.99, Original price is $14.05. You Save 22%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Op ’n verlore spoorweghalte is stasiemeester Hendrick McDonald ’n teleurstelling vir sy vrou, Katrien. Sy loop bedags agter die huis en huil as sy dink niemand sien haar nie. Hulle dogter, Emma, kan nie meer klavier speel nie en is vasgevang in ’n saai liefdesverhouding. Hulle seun, Willem, praat twee jaar lank nie meer nie. En al vier maak asof niks verkeerd geloop het nie. Maar dan bring ’n sirkustrein vir Manuel die nar in hul lewens. Eers werk sy paljas met Willem, dan met hulle as gesin. Nou moet dit nog met ’n hele gemeenskap werk . . .

Product Details

ISBN-13: 9780624068617
Publisher: Tafelberg
Publication date: 02/20/2015
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 148
File size: 902 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Christiaan Johan (Chris) Barnard is op 15 Julie 1939 op Mataffin in die distrik Nelspruit gebore. Hy matrikuleer in 1957 aan die Hoërskool Nelspruit. Hy studeer aan die Universiteit van Pretoria waar hy sy BA-graad met Afrikaans-Nederlands en Kunsgeskiedenis as hoofvakke verwerf. Hy debuteer in 1961 op 22-jarige ouderdom met die novelle, Bekende Onrus, waarvoor hy die CNA-prys ontvang. In 1967 begin Chris as joernalis by Die Huisgenoot werk, en sy rubriek Chriskras word later in drie bundels gepubliseer. In 1971 verskyn sy tweede roman, Mahala, wat steeds as 'n klassieke Afrikaanse boeke beskou word. Hy lewer, as een van die belangrikste Sestigers, ’n groot bydrae tot die Afrikaanse letterkunde onder meer weens sy veelsydigheid: romans, novelles, rubrieke, jeugverhale, kortverhale, verhoogdramas, hoorspele, essays, filmdraaiboeke, radio- en televisiedramas het uit sy pen verskyn. Hy het verskeie pryse ontvang en is twee keer met die gesogte Hertzog-prys bekroon. Deesdae boer hy op sy plaas, Thulani, in Mpumalanga met lemoene en makadamianeute.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews