Net die oortjies van die seekoei: en ander Afrikaanse idiome

Net die oortjies van die seekoei: en ander Afrikaanse idiome

by Kobus Galloway
Net die oortjies van die seekoei: en ander Afrikaanse idiome

Net die oortjies van die seekoei: en ander Afrikaanse idiome

by Kobus Galloway

eBookAfrikaans-language Edition (Afrikaans-language Edition)

$5.50 

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

As jy mooi daaraan dink, maak idiome van elke Afrikaansspreker ’n digter. Die beeldspraak, vergelykings en metafore wat in idiomatiese uitdrukkings vervat is, verander ons alledaagse gesprekke en skryfwerk in iets ver bo die gewone. Kobus Galloway se grappige volblad-illustrasies help jong taalgebruikers om die idiomeskat van Afrikaans vas te lê sodat dit met gemak en plesier gebruik kan word. Volwasse lesers verkneukel hulle nie net in die vernuf waarmee die skepper van Idees vol vrees woord en beeld teenoor mekaar afspeel nie; die genot om ou segswyses aan die vergetelheid te ontruk, steek vure van nostalgie vir toeka se tye opnuut aan die brand. Soos in hierdie boek se voorganger, ’n Wolf in skaapsklere, word die idiome van kort betekenisverklarings voorsien, en die kleurvolle illustrasies word agterin deur ’n lys met nóg idiome en uiteensettings aangevul. Wees gewaarsku: Lesers van alle ouderdomme sal Net die oortjies van die seekoei met moeite neersit.

Product Details

ISBN-13: 9781776093083
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 05/01/2018
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 176
File size: 18 MB
Note: This product may take a few minutes to download.
Language: Afrikaans

About the Author

Kobus Galloway het op sesjarige ouderdom begin teken en ná skool het hy grafiese ontwerp studeer. Hy is die skepper van Idees vol vrees, wat vinnig die gewildste Afrikaanse spotprentreeks in die wêreld geword het. Sy politieke parodie Where’s Zuma? het in 2015 verskyn, en ’n Wolf in skaapsklere is in 2017 gepubliseer. Kobus is ’n grafiese ontwerper, illustreerder en komediant, en die eienaar van Komedie Media.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews