Nadia: Paaie van hoop

Nadia: Paaie van hoop

Nadia: Paaie van hoop

Nadia: Paaie van hoop

eBook

$7.99  $9.03 Save 12% Current price is $7.99, Original price is $9.03. You Save 12%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Nadia neem jou saam as passasier op die paaie wat sy al geloop het: kronkelpaaie, snelweë, bergpasse en ompaaie. Sy deel haar harsteertye, maar ook haar vreugdetye. Die leser leer ken die meisie weg van die kalklig waar dinge nie altyd so glansryk is nie. Dit is ʼn verhaal van diepe hartseer, maar ook van uitbundige vreugde. Op die ou end wys sy ons dat ons almal se paaie nie dieselfde lyk nie. Maar net omdat jou pad anders lyk, beteken nie daar wag nie ’n gelukkige einde nie.

Product Details

ISBN-13: 9780796320124
Publisher: Lux Verbi
Publication date: 03/01/2017
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 224
File size: 3 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Nadia Beukes is ’n TV-aanbieder, aktrise, sangeres en stemkunstenaar met ’n honneursgraad in Bemarkingskommunikasie. Sy het al verskeie rolle op die verhoog, TV en silwerdoek vertolk en het selfs al haar lyf radio-omroeper gehou. As anker-aanbieder van seisoen 7 en 8 van Boer soek ’n vrou op kykNET het sy behoorlik ons land platgereis. Ander aanbiedingswerk sluit in: Tuine&Tossels, kykNET-kontinuïteit, M-Net se Magic 2 the Max en talle korporatiewe produksies. Sy het ook al verskeie rolle vertolk in musiekteater-produksies, waaronder Ons vir jou, Ester, Houtkruis, Dirty Dancing, Tree aan en Liefling. Rolprente op haar kerfstok sluit in: Born to Win, Pretville, Die spook van Uniondale asook Mooirivier. Verder het Nadia ook al heelwat rolle op TV vertolk, onder andere in Hartland, Sterloper, 7de Laan en Binneland. Tans is sy te sien in Getroud met rugby op kykNET.
Jana van der Merwe is ’n skrywer en bekroonde joernalis by Huisgenoot in Johannesburg. Sy het grootgeword in Durban en het met haar passie vir nuus en mense by die Universiteit van KwaZulu-Natal aangesluit om media- en kommunikasiekunde te studeer. Sy het haar joernalistiek loopbaan in 2007 by die Vrystaat koerant in Bethlehem begin en het oor die jare by die Volksblad, Rapport en Beeld as misdaad- en hofverslaggewer gewerk. Jana debutteer in 2015 met die ware misdaadriller Grave Murder – The story behind the brutal Welkom killing.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews