'n Fontein voor ons deur

'n Fontein voor ons deur

by Marita Van der Vyver
'n Fontein voor ons deur

'n Fontein voor ons deur

by Marita Van der Vyver

eBook

$9.99  $13.13 Save 24% Current price is $9.99, Original price is $13.13. You Save 24%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

’n Dekade of wat gelede het Marita van der Vyver soos ’n wafferse prinses van ’n verre land deur Frankryk gereis en ’n vreeslik verleidelike padda leer ken. Omdat sy so graag in sprokies wil glo, het sy gehoop dat as sy hierdie slim padda soen, hy in ’n prins gaan verander. Dis mos hoe sprokies werk. En wat gebeur toe? Saam met haar prins sit sy huis op in ’n Franse dorpie. Hulle gaan woon in ’n ou kliphuis in Rue de l’église – Kerkstraat. Dáároor skryf sy in In die hart van ons huis. En wat gebeur nou? Hulle trek. En nie waarheen nie . . . Na ’n plek wat bekend staan as Plek van die Paddas. ’n Fontein voor ons deur is ’n reeks stories oor ’n verhuising – ’n Franse verhuising! Maar dit is dan eintlik stories oor dit wat die hart vasmaak aan ’n huis en sy mense; ook dit waarvan jy jou moet losmaak as jy verhuis. En daardie dinge wat altyd met jou saamtrek. Een ding is seker: Of dit nou in Kerkstraat of Paddastraat is, soos Marita van der Vyver dit sien, bly die lewe ’n fontein bruisend met verrassings.

Product Details

ISBN-13: 9780624064312
Publisher: Tafelberg
Publication date: 09/15/2013
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 216
File size: 657 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Marita van der Vyver is in Kaapstad gebore, was op laerskool in Bellville en op hoërskool in Menlopark en Nelspruit. In haar matriekjaar, die Afrikaanse Eeufeesjaar in 1975, wen sy ’n landwye digkunswedstryd vir hoërskoolleerlinge. Die prys is ’n studiebeurs vir vier jaar aan die universiteit van haar keuse. Sy gaan na Stellenbosch, waar sy in 1978 ’n B.A. en in 1979 ’n honneursgraad (cum laude) in joernalistiek verwerf. ’n Paar jaar later, as deeltydse student, behaal sy ’n meestersgraad in joernalistiek met ’n tesis oor die vrou in die Afrikaanse pers. Sy het deelgeneem aan skrywerstoere, literêre konferensies en openbare voorlesings in die VSA, Kanada, Nederland, België, Oostenryk en Suid-Afrika.

Read an Excerpt

’n Dekade of wat gelede het Marita van der Vyver soos ’n wafferse prinses van ’n verre land deur Frankryk gereis en ’n vreeslik verleidelike padda leer ken. Omdat sy so graag in sprokies wil glo, het sy gehoop dat as sy hierdie slim padda soen, hy in ’n prins gaan verander. Dis mos hoe sprokies werk._x000D_

_x000D_

En wat gebeur toe? _x000D_

_x000D_

Saam met haar prins sit sy huis op in ’n Franse dorpie. Hulle gaan woon in ’n ou kliphuis in Rue de l’église – Kerkstraat. Dáároor skryf sy in In die hart van ons huis._x000D_

_x000D_

En wat gebeur nou? _x000D_

_x000D_

Hulle trek. En nie waarheen nie . . . Na ’n plek wat bekend staan as Plek van die Paddas._x000D_

_x000D_

’n Fontein voor ons deur is ’n reeks stories oor ’n verhuising – ’n Franse verhuising! Maar dit is dan eintlik stories oor dit wat die hart vasmaak aan ’n huis en sy mense; ook dit waarvan jy jou moet losmaak as jy verhuis. En daardie dinge wat altyd met jou saamtrek. _x000D_

Een ding is seker: Of dit nou in Kerkstraat of Paddastraat is, soos Marita van der Vyver dit sien, bly die lewe ’n fontein bruisend met verrassings.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews