Moord Oord

Moord Oord

by Juanita Swart
Moord Oord

Moord Oord

by Juanita Swart

eBook

$7.10 

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Simoné Barnard word gekeur om by die welbekende Maison de Beauté te gaan studeer. Vir haar is dit ‘n welkome uitkoms van haar ouerhuis en sy pak die jaar aan met vooruitsigte van vryheid, deels om haar eie mens te word, maar ook om haar droom te verwesenlik om mense “mooi” te maak.

Sy ontmoet vir Andrea, Una, Logan en Heinrich en ‘n vriensdkapsband begin tussen hulle vorm. Die eienaars, Lana en Valentin asook die mentors by Die Oord (Dr Heleen van Dalen, Johannes Riekert, Ishita Kapoor en Kuma Minami) speel ‘n rol in die vorming van die studente asook die werkers by Die Oord.

Dit is egter na die twee weke induksie program wat dinge lelik begin skeef loop met die ontdekking van ‘n lyk en dan…. dan word mense een vir een vermoor by Maison de Beauté……


Product Details

BN ID: 2940153913049
Publisher: Juanita Swart
Publication date: 12/14/2016
Sold by: Smashwords
Format: eBook
File size: 286 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Juanita Swart is gebore in Pretoria in 1977. Hier het sy groot geword en op 8 jarige ouderdom haar eerste storie geskryf. Sy onthou nog goed die vakansie kuier by haar tannie waar die enigste papier wat beskibaar was om op te skryf ‘n kladboekie was. Elke woord van haar storie het dus dubbel deurgekom! Die eerste storie uit haar pen was oor ‘n vliegtuig wat geval het en 13 oorlewendes moes veg vir oorlewing, teen die elemente en mekaar. Niemand kon glo die 8 jarige meisie het in 1985 die storie geskryf nie! In die Hoërskool vind Juanita haar liefde vir Poësie en begin dig. Latere jare verskyn een van haar eerste gedigte “Vrees” in die “Poetry Institute of Africa” se digbundel “Different Horizons” Dit word opgevolg met haar gedig “Pa” in hul volgende uitgawe. In 2013 sluit Juanita aan by ‘n groepie skrywers en uit haar pen vloei “Afgehandel”. Die storie van Belinda. ‘n Lewensmoeë Maatskaplike werker wat teen haar eie demone veg terwyl sy gebroke siele probeer red. Belinda se lewe neem ‘n skrikwekkende wending wanneer jare lange se haat en pyn uitborrel en sy die onmenslike doen. Juanita se hoop is dat haar stories mense se lewens sal aanraak en dat hulle sal aanhou wonder, wat gaan sy volgende skryf?

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews