Maestro: 'n Roman oor die vormingsjare van Gianlorenzo Bernini

Maestro: 'n Roman oor die vormingsjare van Gianlorenzo Bernini

by Marié Heese
Maestro: 'n Roman oor die vormingsjare van Gianlorenzo Bernini

Maestro: 'n Roman oor die vormingsjare van Gianlorenzo Bernini

by Marié Heese

eBook

$12.49  $16.12 Save 23% Current price is $12.49, Original price is $16.12. You Save 23%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Die beeldhouer en argitek Gianlorenzo Bernini is gebore in 1598. Hy was skaars tien toe beide sy pa en geledere uit die Vatikaan begin besef die jonge Bernini is geniaal – ’n kunstenaar wat in die voetspore van Michelangelo kan volg, of . . . selfs beter? Heese neem ons op ’n reis deur Bernini se lewe, vanaf sy grootwordjare totdat hy op die ouderdom van 41 in die huwelik tree. Deur sy sien ons die daaglikse lewe in Rome van die 1600’s, die Kerk wat tegelyk korrup en tog so toegeeflik teenoor sy kunstenaars is, en hoe Gianlorenzo algaande sy stem as beeldhouer vind. Bowenal sien ons hoe koorsagtig hy dít wat by hom spook, verbeeld – alles ter wille van die marmer, wat hy soos sagte vlees kan laat lyk. Maestro is ’n uitsonderlike geskiedkundige roman oor die geniale beeldhouer van die sewentiende eeu, eeue lank bykans vergete. En tegelyk is die boek ’n viering van kunstenaarskap en menswees. ​ "Hierdie biografiese roman oor Bernini is soos die beeldhouwerk van ’n meester . . . daar is niks oorbodig nie; wat daar is, is sprekend en essensieel. Meer kan ’n mens nie van ’n boek vra nie.” – Deborah Steinmair

Product Details

ISBN-13: 9780798173926
Publisher: Human & Rousseau
Publication date: 08/18/2016
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 480
File size: 850 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Marié Heese het bekendheid verwerf met haar roman Die uurwerk kantel in 1976. Jare later verskyn drie Engelse romans, The Double Crown, The Colour of Power, en die opvolg, A Triple-headed Serpent. Vuurklip, die eerste roman in Afrikaans oor die prehistoriese tydperk ter plaatse, verskyn in 2013. Marié woon saam met haar man in Stilbaai.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews