Liefde is 'n sprokie

Liefde is 'n sprokie

Liefde is 'n sprokie

Liefde is 'n sprokie

eBook

$6.99  $7.83 Save 11% Current price is $6.99, Original price is $7.83. You Save 11%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Cara het ’n ogie op verlede jaar se hoofseun by die buitelugopvoedingskamp. Maar sy kan tog nie help om die nerdy Pierre Prins se diep groen oë agter sy dik brilglase raak te sien nie . . . Talia is so tuis in die water soos ’n meermin. Maar die aantreklike Erik sorg dat sy sukkel om op haar duikkursus te konsentreer. Totdat dinge lelik skeefloop. Van die eerste dag wat Wolfgang vir Vlam raakgesien het, is sy nie net in sy kop nie, sy is in sy hart. Wanneer sy ontvoer word, is hy vasberade om haar te red . . . Die nuwe ou in die klas se bene is in ysterstutte en sy hare staan orent asof hy pas vir iets geskrik het. Lilliette is sommer vies dat sy hom met wiskunde moet help. Veral aangesien hy nog die vermetelheid het om haar “Wipstert” te noem! Hierdie bundel bevat 22 kortverhale wat op bekende sprokies gebaseer is – maar met ’n heerlike moderne kinkel! Hier is stories wat jou hart sal steel, dit dalk in ’n duisend stukkies sal breek of jou weer in sprokiesliefde sal laat glo.

Product Details

ISBN-13: 9780798170291
Publisher: Human & Rousseau
Publication date: 05/01/2015
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 232
File size: 657 KB
Age Range: 12 - 16 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Die skrywers van hierdie bundel stories is deel van die Fynbosskrywers-groep. Hierdie is die derde projek wat die groep saam aanpak. Hulle eerste was ‘n dierestorie-CD gemik op 4–8 jariges. Die CD is verlede jaar op RSG uitgesaai en hulle het binne 3 maande hulle eerste besending van 500 CD’s uitverkoop. Hulle kortverhaal Middernag en ander spokerige stories het in 2013 by Human&Rousseau verskyn. Al hierdie skrywers het al individueel in verskeie publikasies en genres gepubliseer, o.a. kortverhaal-bundels, bloemlesings, opvoedkundige publikasies, vonkfiksie, tekste vir kinderteater, artikels, e.a.
Santie het grootgeword op ’n wingerd- en skaapplaas langs die Olifantsrivier in Vredendal. Na matriek is sy Stellenbosch toe waar sy in 1992 ’n Meestersgraad in Navorsingsielkunde (cum laude) behaal het. Sy is sedert 2011 sameroeper en administrateur van die Fynbosskrywers. Verskeie van haar kort kinderstories is gepubliseer in die media en op CD. In 2009 was sy een van die drie Finesse Skryf 'n Sprokie-wenners en sy is ook reeds twee keer as Vonkfiksie-wenner van Rapport Boeke aangewys.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews