Lang pad na vergifnis

Lang pad na vergifnis

by Jessica Venter
Lang pad na vergifnis

Lang pad na vergifnis

by Jessica Venter

eBook

$3.99 

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Sal Lisa en Jaques die lang pad na vergifnis kan stap en Jaques sy seun uiteindelik ontmoet?
Lees hierdie aangrypende verhaal van tienerliefde en die pad na vergifnis.

Lisa sug gefrustreerd. Die verkeer in Voortrekker weg is iets vreesliks die tyd van die oggend. Sy het Jacques by haar ma gaan aflaai. Hy bly by haar in die vakansies. Sy was juis effens laat vanoggend en toe raak sy en haar ma aan die gesels. Nou is sy heeltemal laat en boonop sit sy in ‘n hengse verkeersknoop vas. Sy haal diep asem en blaas dit stadig uit. Wat help dit sy jaag haarself op hol. Sy gaan nog steeds laat wees. Sy ontspan effens en draai die radio ‘n bietjie harder. Die verkeer skuif-skuif vorentoe. ‘n Liedjie speel op die radio. Dit ook nog, sug sy. Haar gedagtes dwaal terug, meer as tien jaar terug.
Sy was sewentien jaar oud en op hoërskool. Die hoofseun, Jacques Combrink, was bekend onder die meisies. Sy het hom altyd van ver af bewonder. Hy het nog altyd haar hart vinniger laat klop en haar lighoofdig laat voel. Jacques het altyd net die mooiste meisies uitgekies.....


Product Details

BN ID: 2940154578834
Publisher: Malherbe Uitgewers
Publication date: 10/06/2017
Sold by: Smashwords
Format: eBook
File size: 236 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Ek is gebore in Pretoria en het daar groot geword. My ma was ‘n enkelouer en het my dus alleen groot gemaak. Ek is al 15 jaar getroud. Ons het twee kinders, ‘n seun, Armand en ‘n dogter, Bianca. Ons bly in Randfontein tussen al die mynhope maar dis my tuiste. Ek het sekretarieël geswot by Randfontein Kollege. My man het sy eie vervoermaatskappy, ek doen al die kantoor werk al vir baie jare. My stokperdjies sluit in lees en skryf. Ek doen ook tans ‘n digterslypskool kursus. My passie vir skryf het eers ‘n paar jaar gelede ontpop. Ek het al drie boeke deur Kwarts Publishers gepubliseer. Hulle is beskikbaar in Bargain Books, op Amazon as e-boek asook op Kwarts Publishers se eie webblad. Ek het ook laas jaar ‘n ses maande kursus in kort verhale voltooi deur Die Skryfbesigheid asook deur Liberty University het ek ‘n kort skryfkursus voltooi aan die hand van Karen Kingsbury. Ek is tans besig met ‘n ses maande kursus in die skryf van Romanse aangebied deur Madelie Human. Ek help by honde rescue, genaamd The Dachshund Haven. Ek doen elke week al hulle facebook plasings en ek hanteer al hulle admin.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews