Kruidjie roer my

Kruidjie roer my

by Antoinette Pienaar
Kruidjie roer my

Kruidjie roer my

by Antoinette Pienaar

eBook

$7.99  $9.00 Save 11% Current price is $7.99, Original price is $9. You Save 11%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Toe Antoinette Pienaar, Afrikaanse sangeres en aktrise, die eerste keer staan voor oom Johannes Willemse, legendariese Griekwa-heler, sê hy: “Hier kom Juffrou nou eers aan!” Want toe het oom Johannes al byna veertig jaar lank drome gekry van die vrou met die rooi bakkie aan wie hy sy kennis sou oordra. Kennis wat terug tot in die antieke verskiet van oupa na kleinseun aangegee is. Ná jare se vakleerlingskap het die eerste uitgawe van Kruidjie roer my verskyn. Dié boek oor wat Karookruie vir jou kan doen het sy plek as klassieke werk ingeneem. In Kruidjie roer my hoor ’n mens die warm stem van Antoinette soos duisende luisteraars na haar gewilde rubriek op rsg dit ken: vol begrip en deernis, altyd met ’n staaltjie en boweal die ruimhartige mededeling van haar kennis en oom Johannes se wysheid wat nie net na jou liggaam omsien nie, maar ook jou gees dokter. ’n Boek vol mooi name, soos kokkoromoniet, rooivergeetwortels en louhout. En met ’n weelde aan stories en raad wat nou weer beskikbaar is.

Product Details

ISBN-13: 9781415209585
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 10/11/2017
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 184
File size: 7 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Antoinette Pienaar is in Carnarvon as een van vyf dogters gebore en het aan die Universiteit van Stellenbosch ’n graad in drama behaal. Daarna het sy ’n loopbaan as sangeres gevolg met landwye optredes waarin sy dikwels historiese heldinne, soos Krotoa van die Kaap, besing het. Die afgelope sewentien jaar is sy vakleerling van oom Johannes Willemse diep in die berge van die Karoo.

Table of Contents

Toe die Karoo nog water was 9

Voetpaadjies 10

My droom 11

Oom Johannes 14

Die vrou in die rooi bakkie 16

Die ompad deur Mali 17

Aankoms met Dapper 19

Binnelandskap 21

Man - berg en Vrou-berg 22

Nie met vrees of wreedheid nie 25

Die sewe chakras 27

Om die weer te lees 30

Elke dag se wonderwork 31

"Gaan drink die kruie en glo!" 32

Die boom van die hart 35

Wortels grou 36

Bolle grou 38

Poeier maak 39

Oupa Hansie word'n leeu 42

Die waterslang 43

Die verkleurmannetjie 49

Die seisoene 50

Die gevoelte en die gesiente 51

Lees of wees 53

Die man en die vrou in jou 54

Sondae, lekker kos en rus 56

"Kyk sommer net hier voor jou" 58

Wat werk met die vrouens - gedeeltes 61

Die maansiklus 63

Die oorgangsjare 64

Dood 66

"Muwwe trane maak die hart swak" 69

Die suikermedisyne 70

Sterk bloed 72

Geknoopte gedermte 73

Die oog waarmee ons God kan sien 77

Die groot kanon vir borsaandoenings 80

In ons klankkamers 84

"Dis oor Juffrou nie wil hoor nie!" 85

Daar waar jou vleis geskrik het 90

"Meet waar jy gaan val" 95

Om soos diere te vergewe 98

Die fynste, sappigste kruie in die veld 101

Bloed wat kook 108

Die helende aartappel 111

Giere 112

Van winter na somer 113

Lente, manskruie en vrouekruie 118

'n Man en sy skeet 122

Met jou hele hart oop 123

Indeks van kruie 129

Algemene indeks 137

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews