Klawerjas

Klawerjas

by Adam Small
Klawerjas

Klawerjas

by Adam Small

eBook

$8.99  $10.36 Save 13% Current price is $8.99, Original price is $10.36. You Save 13%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Ná veertig jaar is daar weer ’n Afrikaanse digbundel deur Adam Small. Ná Oos Wes Tuis Bes Distrik Ses (1973) het hy demonstratief net in Engels begin dig, en ná sy drama Krismis van Map Jacobs (1983) het sy skrywerstem stil geword. Daar was altyd die vermoede dat hierdie stilte grootliks toegeskryf kon word aan die verwerping wat hy aan die hand van taalgenote ervaar het. Verlede jaar is die Hertzogprys uiteindelik aan hom toegeken, en vanjaar verskyn nie net hierdie digbundel nie, maar ook sy Afrikaanse drama Goree, wat in 1978 in Engels geskryf is. Small gee in die titelgedig van die bundel te kenne dat Klawerjas ’n uitvloeisel is van ’n bestaanswyse, ’n uiting gee aan die gewaarwording dat hy te midde van soveel armoede en verknegting een van diegene is wat darem nog woorde het “wat aftas teen die mure van ons donker kamers van bestaan, al soekend na die deure, openinge na die lig”. Hy voeg sy stem by Van Wyk Louw en verklaar dat hy te midde van onreg nie juis anders kan nie as om te skryf, te praat en te probeer oorreed. Hy dig in dié bundel: “Daar’s dié van ons wie nie sonder / poësie kan leef nie. Niemand hoort sonder die ervaring van die ritmiese / golwing en osmose van die fyn-gekose / sin en woord.” Maar wat hy vir homself toe-eien gun hy ook ander. Sy poësie is dan juis ook gedigte vir ander, vir gewone mense. Hy skryf: “Daarom is dit vir ’n digter nodig / om telkemale ’n vers publiek / die lig te laat sien, poësie toeganklik / te maak, en mense so te dien - soos / hierdie gedig-vol-dankbaarheid . . .” Hoewel hy in hierdie bundel in gesprek tree met mededigters, skrywers, filosowe en ander kunstenaars, skryf hy vanuit die oortuiging dat sy gedigte bestem is “vir gewoon-intelligente mense” en dat dit “hoegenaamd nie 'n vertoon van geleerdheid en obskure hoogdrawendheid moet wees nie”. Klawerjas bevat gedigte wat spreek van deurleefde ervaring, diepe oortuiging en ’n opregte meegevoel met die lot van die veronregtes. Dit is praatverse wat getuig van ’n fyn oor vir die musikaliteit van die alledaagse, die melodie wat spontaan en ongekunsteld opklink as jy die doodgewone in verwondering gade slaan.

Product Details

ISBN-13: 9780624065463
Publisher: Tafelberg
Publication date: 09/20/2013
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 148
File size: 976 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Adam Small is op 21 Desember 1936 op Wellington gebore. In 1953 matrikuleer hy aan die St Columba-skool van die Christian Brothers in Athlone op die Kaapse Vlakte. Daarna studeer hy aan die Universiteit van Kaapstad vir ’n graad in Tale en Filosofie en voltooi in 1963 ’n MA cum laude oor die filosofie van Nicolai Hartmann en Friedrich Nietzsche. In hierdie tyd studeer hy ook aan die Universiteite van Londen en Oxford. In 1959 word Adam dosent in filosofie aan die Universiteit van Fort Hare, en in 1960 word hy een van die akademiese grondleggers van die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) toe hy as die eerste hoof van die Departement Filosofie aangestel word. Hy raak in die vroeë sewentigs betrokke by die Swartbewussynsbeweging. In 1973 bedank hy onder druk by die UWK. Hy woon daarna in Johannesburg, waar hy die hoof is van die Universiteit van die Witwatersrand se studentegemeenskapsdienste. In 1977 vestig hy hom weer in die Kaap en is tot 1983 werksaam as direkteur van die Wes-Kaaplandse Stigting vir Gemeenskapswerk. Hy keer in 1984 terug na die UWK as hoof van die Departement Maatskaplike Werk. Einde 1997 tree hy uit diens. Adam Small het in 1957 met Verse van die liefde gedebuteer. Van sy ander bekende digbundels sluit in Kitaar my kruis (1961) en Sê Sjibbolet (1963). Sy bekendste toneelstuk is Kanna hy kô hystoe (1965).

Read an Excerpt

Ná veertig jaar is daar weer ’n Afrikaanse digbundel deur Adam Small. Ná Oos Wes Tuis Bes Distrik Ses (1973) het hy demonstratief net in Engels begin dig, en ná sy drama Krismis van Map Jacobs (1983) het sy skrywerstem stil geword. Daar was altyd die vermoede dat hierdie stilte grootliks toegeskryf kon word aan die verwerping wat hy aan die hand van taalgenote ervaar het. Verlede jaar is die Hertzogprys uiteindelik aan hom toegeken, en vanjaar verskyn nie net hierdie digbundel nie, maar ook sy Afrikaanse drama Goree, wat in 1978 in Engels geskryf is._x000D_

_x000D_

Small gee in die titelgedig van die bundel te kenne dat Klawerjas ’n uitvloeisel is van ’n bestaanswyse, ’n uiting gee aan die gewaarwording dat hy te midde van soveel armoede en verknegting een van diegene is wat darem nog woorde het “wat aftas teen die mure van ons donker kamers van bestaan, al soekend na die deure, openinge na die lig”. Hy voeg sy stem by Van Wyk Louw en verklaar dat hy te midde van onreg nie juis anders kan nie as om te skryf, te praat en te probeer oorreed._x000D_

_x000D_

Hy dig in dié bundel: “Daar’s dié van ons wie nie sonder / poësie kan leef nie. Niemand hoort sonder die ervaring van die ritmiese / golwing en osmose van die fyn-gekose / sin en woord.” Maar wat hy vir homself toe-eien gun hy ook ander. Sy poësie is dan juis ook gedigte vir ander, vir gewone mense. Hy skryf: “Daarom is dit vir ’n digter nodig / om telkemale ’n vers publiek / die lig te laat sien, poësie toeganklik / te maak, en mense so te dien - soos / hierdie gedig-vol-dankbaarheid . . .”_x000D_

_x000D_

Hoewel hy in hierdie bundel in gesprek tree met mededigters, skrywers, filosowe en ander kunstenaars, skryf hy vanuit die oortuiging dat sy gedigte bestem is “vir gewoon-intelligente mense” en dat dit “hoegenaamd nie 'n vertoon van geleerdheid en obskure hoogdrawendheid moet wees nie”._x000D_

_x000D_

Klawerjas bevat gedigte wat spreek van deurleefde ervaring, diepe oortuiging en ’n opregte meegevoel met die lot van die veronregtes. Dit is praatverse wat getuig van ’n fyn oor vir die musikaliteit van die alledaagse, die melodie wat spontaan en ongekunsteld opklink as jy die doodgewone in verwondering gade slaan.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews