Klassiek reeks: Kroniek van Perdepoort

Klassiek reeks: Kroniek van Perdepoort

by Anna M. Louw
Klassiek reeks: Kroniek van Perdepoort

Klassiek reeks: Kroniek van Perdepoort

by Anna M. Louw

eBook

$10.99  $14.28 Save 23% Current price is $10.99, Original price is $14.28. You Save 23%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Hertzogprys vir prosa (1976), WA Hofmeyr-prys (1977), CNA-prys (1977). Anna M. Louw se indrukwekkendste werk is die groots opgesette familieroman Kroniek van Perdepoort (1975), wat die lotgevalle van die Lotriets deur verskillende dekades volg. Die Bolander Koos Lotriet vestig hom aan die begin van die twintigste eeu aan die voet van die Swartberge en bou met die jare 'n spogplaas op, al word hy en sy vrou as gevolg van sy hoogmoed – wat aan hom die bynaam Koos Nek besorg – nooit volledig in die samelewing opgeneem nie. Ná sy dood sit vier van sy seuns die boerdery voort, maar nie een van hulle is vergelykbaar met hulle vader wat werkywer, idealisme en deursettingsvermoë betref nie en die hele familie, ook die kleinkinders, toon tekens van agteruitgang. Met die tipiese situasies en figure sluit Kroniek van Perdepoort by die ouer Afrikaanse verhaalkuns aan, al word die swakhede van die seuns simbolies-allegories verdiep sodat die familie in sy totaliteit die voordurende aktiwiteite van verskillende doodsondes illustreer. Met die achronologiese struktuur swaai die roman egter weg van die tradisionele Afrikaanse prosakuns. Kroniek van Perdepoort is een van die merkwaardigste romans van die sewentigerjare.

Product Details

ISBN-13: 9780624078227
Publisher: Tafelberg
Publication date: 12/17/2016
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 376
File size: 508 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Anna Margaretha Louw (oorlede 12 Junie, 2003) is op 31 Desember 1913 op ’n plaas naby Calvinia gebore. Sy het ’n BA-graad aan die Universiteit van Stellenbosch behaal. Sy het daarna saam met haar eerste man in New York gewoon waar sy kursusse in joernalistiek en visuele kuns by Colombia Universiteit gedoen het. Later het sy ook ’n B.Soc.Sc-graad aan die Universiteit van Kaapstad verwerf. Sy het aanvanklik tydskrifartikels en kortverhale, radiopraatjies, hoorspele en novelles geskryf. Haar debuutwerk Die onverdeelde uur het in 1956 verskyn. Anna M Louw het verskeie pryse vir haar boeke ontvang – soos die Scheepersprys vir Die voortreflike familie Smit, die WA Hofmeyr-prys vir Die groot gryse, en die Hertzogprys en WA Hofmeyr-prys vir haar bekendste werk, Die kroniek van Perdepoort. In 1990 ontvang sy ’n eredoktorsgraad in die lettere van die Potchefstroomse Universiteit. Anna M Louw is op 12 Junie 2003 op 89-jarige ouderdom in Kaapstad oorlede. Prof Helize van Vuuren het haar in ’n huldeblyk in Die Burger beskryf as “’n sterk vroueskrywer, een van die oergrootmoeders van die Afrikaanse letterkunde”.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews