Karnaval en lent

Karnaval en lent

by T.T. Cloete
Karnaval en lent

Karnaval en lent

by T.T. Cloete

eBook

$8.99  $10.36 Save 13% Current price is $8.99, Original price is $10.36. You Save 13%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Karnaval en Lent word gekenmerk deur die opheffing van die skeiding of grens tussen die digter en die mense en dinge waartussen hy lewe, tot by die punt van volledige vereenselwiging: Die digter staan tussen medeskepper én medevernielers van die aarde; staan voor die kleinste mier én die oorweldigende kosmos. Filosofies en literêr is dit ’n besonder byderwetse en aktuele uitgangspunt, hierdie afbreek van die skanse tussen die een wat kyk en dit wat bekyk word. Maar benewens hierdie vereenselwiging of éénwording, gee die titel reeds ’n aanduiding dat dit eintlik in hierdie bundel gaan oor twee uiterstes wat teenoor mekaar gestel word: fees teenoor vastyd, uitleef teenoor inkeer, oordaad teenoor tekort. Die oordadige, oftewel die karnavaleske, staan in spanning met Lent, oftewel die kentering en die wegkeer van die wêreldse. Die digter kyk enersyds na die wêreld van uiterstes en verwording wat ons beleef, en andersyds na die rituele, die feestelikhede wat ons verbind, nes die vastyd ons bind. Die kenmerk van die digterlike metafoor is immers die vermoë daarvan om uiterstes te verbind, soos die uiterstes van vernietiging en herlewing. Hiervan getuig TT Cloete se digkuns by uitstek, en daarom bly dit immer kragtig en nuut.

Product Details

ISBN-13: 9780624067757
Publisher: Tafelberg
Publication date: 03/01/2014
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 160
File size: 1 MB
Language: Afrikaans

About the Author

TT Cloete is een van die heel grootste digters in Afrikaans – een van ’n baie klein groepie digters wat die Hertzogprys vir poësie reeds twee keer gewen het. Karnaval en Lent is sy tiende bundel, en dit verskyn in sy negentigste lewensjaar. Dit is wel buitengewoon dat ’n digter op so ’n gevorderde leeftyd ’n werk van hierdie kompleksiteit en samehang produseer, maar dan getuig die bundel ook van die insig en deurleefdheid wat dalk net met tyd verwerf kan word – én na die aflegging van “alles wat eens pronk en sieraad was”.

Read an Excerpt

Karnaval en Lent word gekenmerk deur die opheffing van die skeiding of grens tussen die digter en die mense en dinge waartussen hy lewe, tot by die punt van volledige vereenselwiging: Die digter staan tussen medeskepper én medevernielers van die aarde; staan voor die kleinste mier én die oorweldigende kosmos. Filosofies en literêr is dit ’n besonder byderwetse en aktuele uitgangspunt, hierdie afbreek van die skanse tussen die een wat kyk en dit wat bekyk word.

Maar benewens hierdie vereenselwiging of éénwording, gee die titel reeds ’n aanduiding dat dit eintlik in hierdie bundel gaan oor twee uiterstes wat teenoor mekaar gestel word: fees teenoor vastyd, uitleef teenoor inkeer, oordaad teenoor tekort. Die oordadige, oftewel die karnavaleske, staan in spanning met Lent, oftewel die kentering en die wegkeer van die wêreldse. Die digter kyk enersyds na die wêreld van uiterstes en verwording wat ons beleef, en andersyds na die rituele, die feestelikhede wat ons verbind, nes die vastyd ons bind. Die kenmerk van die digterlike metafoor is immers die vermoë daarvan om uiterstes te verbind, soos die uiterstes van vernietiging en herlewing. Hiervan getuig TT Cloete se digkuns by uitstek, en daarom bly dit immer kragtig en nuut.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews