Hoopvol

Hoopvol

by Derick Van der Walt
Hoopvol

Hoopvol

by Derick Van der Walt

eBook

$9.49  $10.82 Save 12% Current price is $9.49, Original price is $10.82. You Save 12%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Hierdie boek is bekroon met die Silwer Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2011. Ben word koud. Sy mond voel skielik droog. Hy kyk na die foto teen die varsproduktemark se muur. Sy blik is vasgenael op die man heel regs op die foto. Hy vat versigtig met sy vinger aan die man se gesig. Hy het ’n pa. ’n Regte pa. “Dink jy ons is te slapgat om iets weg van hierdie dorp af te waag?” vra Liefie terwyl sy haar lang, bruin bene in die sonnetjie strek. “Hoekom het ons nie ook verlede jaar ná matriek op ’n trein geklim en gaan kyk wat ons op die eerste die beste dorp anderkant Hoopvol gedoen kan kry nie?" Nathalie kyk na die druiweprieel wat die dak van die hotel se binnehof byna toegerank het. “Dalk wou ons nie,” antwoord sy. “Miskien is dit bedoel dat party mense op sulke plekke soos Hoopvol moet lewe." Hoopvol is die aangrypende verhaal van Ben wat ná ’n traumatiese gebeurtenis by sy huis in Johannesburg blindelings op ’n trein klim om die pa te gaan soek wat hy nooit geken het nie. Dis ook die storie van Nathalie se uitsiglose lewe op ’n dorpie in die Karoo. Op verrassende wyse word dié stories een.

Product Details

ISBN-13: 9780624056249
Publisher: Tafelberg
Publication date: 10/20/2012
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 144
File size: 427 KB
Age Range: 14 - 18 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Derick van der Walt is op 14 Julie 1958 op Virginia in die Vrystaat gebore. Hy matrikuleer in 1976 aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria. Hy behaal ’n B.A. Honneursgraad in Kommunikasiekunde aan Unisa. Derick is tans ’n direkteur van Chilli Kommunikasie-konsultante in Pretoria, ’n firma wat in die produksie van korporatiewe publikasies spesialiseer. In 2007 ontvang Derick die Sanlamprys vir jeuglektuur: goud vir sy debuutboek, Lien se lankstaanskoene. In 2009 word hy bekroon met die M.E.R.-prys vir jeugliteratuur, ook vir Lien se lankstaanskoene. Willem Poprok volg in 2010, en ‘n roman vir volwassenes verskyn by Kwela in 2012. Silwer Wenner: Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2011

Read an Excerpt

Hierdie boek is bekroon met die Silwer Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2011. Ben word koud. Sy mond voel skielik droog. Hy kyk na die foto teen die varsproduktemark se muur. Sy blik is vasgenael op die man heel regs op die foto. Hy vat versigtig met sy vinger aan die man se gesig. Hy het ’n pa. ’n Regte pa. _x000D_

_x000D_

“Dink jy ons is te slapgat om iets weg van hierdie dorp af te waag?” vra Liefie terwyl sy haar lang, bruin bene in die sonnetjie strek. “Hoekom het ons nie ook verlede jaar ná matriek op ’n trein geklim en gaan kyk wat ons op die eerste die beste dorp anderkant Hoopvol gedoen kan kry nie?" _x000D_

_x000D_

Nathalie kyk na die druiweprieel wat die dak van die hotel se binnehof byna toegerank het. “Dalk wou ons nie,” antwoord sy. “Miskien is dit bedoel dat party mense op sulke plekke soos Hoopvol moet lewe."_x000D_

_x000D_

Hoopvol is die aangrypende verhaal van Ben wat ná ’n traumatiese gebeurtenis by sy huis in Johannesburg blindelings op ’n trein klim om die pa te gaan soek wat hy nooit geken het nie. Dis ook die storie van Nathalie se uitsiglose lewe op ’n dorpie in die Karoo. Op verrassende wyse word dié stories een.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews