Hart se tweede kans

Hart se tweede kans

by Ilze Beukes
Hart se tweede kans

Hart se tweede kans

by Ilze Beukes

eBook

$5.07 

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Toe suster Wida Storm hoor dat dokter Eugene Maritz iemand benodig om sy bejaarde ma tuis te versorg, gryp sy die geleentheid aan. Sy wil lankal haar eie tuisverplegingpraktyk begin en dié werk sal haar die nodige ondervinding gee. Maar Wida kom gou agter dat als in dié familie nie pluis is nie toe sy saam met tannie Olga in Eugene se huis intrek om haar te versorg. Watse hartseer lê in Eugene se verlede? Waarom is daar ’n stremming op sy verhouding met sy ma? Hoekom skerm tannie Olga vir haar ander seun terwyl Eugene niks met sy broer te doen wil hê nie? Met die eerste oogopslag is Eugene stroef en afsydig, maar Wida besef toenemend dat dit ’n front is wat die aantreklike en gevoelvolle dokter voorhou – ’n verskansing teen die verraad en verlies wat hy beleef het. Sy is besig om haar hart onkeerbaar op hom te verloor, maar sal sy ooit die mure wat hy om hom gebou het, kan afbreek? Sal Eugene ooit weer ’n vrou in sy hart toelaat?

Product Details

ISBN-13: 9780624079958
Publisher: Hartklop
Publication date: 01/06/2017
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 224
File size: 350 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Ilze Beukes hou haar bedags besig met die woelinge van die kinders by ’n laerskool en saans en oor naweke glip sy in haar eie stories in en vermaak haar met haar eie storiekarakters. Sy en haar man en seun bly op Kroonstad en besoek gereeld haar twee dogters en hul gesinne.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews