Ons is 'n groep Afrikaanssprekende vroue wat elkeen haar eie blog het en saam stories skryf. Ons het baie pret en het op die internet 'n plek gevind waar ons ons eie wêreld beleef. Ons het ons eie verbeeldingsdorpie, Rebusfontein waar elkeen haar eie huisie het.
Aalsie Moller is een van 'n groep vroue, die Goue Vroue, wat saam stories skryf.
Christa van Staden is deel van 'n groep vroue, die Goue Vroue, wat saam stories skryf en publiseer.
Ek is n gebore Overberger wat op Sasolburg in die Vrystaat grootgeword het. Dit was wonderlike kinderjare in klein jong dorpie met hoë tegnologie. Na studies op Tuks, Potch, Unisa en Stellenbosch trou en met Gert Groenewald en word geseën met 3 pragtige dogters.
Ons beland weer op Bredasdorp, waar ek n raambesigheid het, ons strandhuise verhuur, skilder en skryf. Ek het reeds 2 boeke publiseer. Ek is bevoorreg om een van die Goue Vroue en die Towerinne te wees.
Toortsie skryf daagliks op haar blog, wat te kry is by toortsie.com
Ek volg die Bantingleefstyl sedert 2014 en het reeds die volgende boeke gepubliseer:
1) Toortsie se Bantingboerekos
2) Toortsie’s Banting Bash! (Printed and e-book)
3) Hier’s die Toortsie weer!
4) My kinderjare met betrekking tot vandag (outobiografie)
5) Toortsie se Soetighede (Gedruk en e-boek)
As publiseerder publiseer ek boeke namens die Goue Vroue. https://www.smashwords.com/profile/view/Gouevroue.
Una is deel van 'n groep vroue wat saam stories skryf. Ons noem onsself die Goue Vroue.