Gert & Joey: Nuwe lig op 'n raaisel van dertig jaar

Gert & Joey: Nuwe lig op 'n raaisel van dertig jaar

by Pieter van Zyl
Gert & Joey: Nuwe lig op 'n raaisel van dertig jaar

Gert & Joey: Nuwe lig op 'n raaisel van dertig jaar

by Pieter van Zyl

eBook

$10.49  $12.00 Save 13% Current price is $10.49, Original price is $12. You Save 13%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Vir Suid-Afrikaners het hierdie begrippe sinoniem geword met die name van Gert van Rooyen en Joey Haarhoff. In die dertig jaar sedert die tragiese verdwyning van ses jong skoolmeisies en die dramatiese skietdood van die land se berugste egpaar, hang onbeant- woorde vrae steeds in die lug. Die makabere raaisels wat hulle agtergelaat het, het nie saam met hulle gesterf nie. Joernalis Pieter van Zyl gee in hierdie boek, waarvoor hy eksklusiewe toegang tot Huisgenoot se uitgebreide argief gehad het, ’n volledige oorsig oor dié voortslepende sage. Rolspelers wat direk by die saak betrokke is en was, se insigte en ervarings word betrek om opnuut sin van die tragedie te probeer maak. Naasbestaandes van die meisies wat verdwyn het, asook dié van Van Rooyen en Haarhoff, is deur die skrywer genader. Kenners, waaronder sielkundiges, kriminoloë, baasspeurders, handskrifontleders en selfs sieners, verskaf ’n sonderlinge blik op die gebeure wat by Suid-Afrikaners blý spook. Die tragedie verkry ’n nuwe dimensie wanneer dit beskou word teen die agtergrond van Suid-Afrika drie dekades gelede. Dit blyk ook dat Van Rooyen en Haarhoff nie in isolasie kon optree nie, maar waarskynlik deel was van ’n uitgebreide misdaadnetwerk. Hiertoe boek sal niemand koud laat nie.

Product Details

ISBN-13: 9781776093151
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 09/01/2018
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 216
File size: 17 MB
Note: This product may take a few minutes to download.
Language: Afrikaans

About the Author

Pieter van Zyl is digby die Moot, vanwaar Gert van Rooyen en Joey Haarhoff glo op slagoffers jag gemaak het, gebore. As verslaggewer het hy vir Beeld en Die Burger gewerk en is nou al senior skrywer by Huisgenoot vir vyftien jaar. Hy het verskeie akkolades vir sy joernalistieke werk ingepalm. Naas vier ATKV Mediaveertjies was hy ’n Vodacom Joernalis van die Jaar-kategoriewenner en Joernalis van die Jaar by Media24-tydskrifte. Pieter het ook die Citadel Words on Money Joernalis-prys vir harde nuus verower, en het ’n Sanlam-toekenning ontvang as beste nuweling vir Uitnemende Finansiële Joernalistiek.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews