Geeste Portaal

Geeste Portaal

by Flamingcrystal
Geeste Portaal

Geeste Portaal

by Flamingcrystal

eBook

FREE

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Weens sensitiewe material is hierdie boek slegs geskik vir lesers tussen die ouderdom van 14 en 94 jaar. Geeste Portaal gaan oor geeste in verskeie vorms wat toegang tot ons realm verkry, deur die een of ander portaal. In hierdie verhaal, is daar een spesifieke portaal. Die geeste teleporteer uit ñ eienaardige boom. Die boom het twee mismaak gevormde gesigte in sy bas. Sommige van hierdie Geeste, manifesteer in jou drome. Vicky word lewendig deur die boom ingesluk en sy verander in ñ teister gees. Vicky moet wraak neem op die mense wat haar ñ onreg aangedoen het. Daar is twaalf take wat sy suksesvol moet afhandel, alvorens sy weer as ñ lewende, normale tiener kon terugkeer na haar wêreld. Hierdie take teiken die ego, siel en self van twaalf mense, hulle onderskeie karakter eienskappe, hulle motto’s, kern begeertes, vrese asook hulle swakhede. Geeste Portaal beskikbaar onder die volgende publikasies ISBN-13: 978-1500748395 ISBN-10: 1500748390 August 4, 2014. eBoek ASIN: B00MFS3ZZM Ghost Portal ISBN: ISBN-13: 978-1499199949 ISBN-10: 1499199945 April 19, 2014.eBoek ASIN: B00JSZ513Y & B00JTBHFVI


Product Details

BN ID: 2940152449686
Publisher: Flamingcrystal
Publication date: 10/31/2015
Sold by: Smashwords
Format: eBook
File size: 243 KB
Age Range: 18 Years
Language: Afrikaans

About the Author

~~~•••~~~
Hallo julle! Baie dankie dat julle my boek afgelaai het en vir die tyd wat julle daaraan gaan spandeer om dit te lees.
Ek is Marlaine Lloyd, ñ Afrikaanse skrywer en skryf onder my pen naam as Flamingcrystal. Ek woon in ñ klein dorpie Pongola in Kwazulu Natal, Suid-Afrika. Een van die mooiste klein dorpies in ons land waar daar nog geen verkeersligte is nie en waar almal nog omgee vir mekaar.
Die van julle wat my nog nie so goed ken nie, daar is ñ rede waarom ek al 6 my kindle eboeke en paperbacks wat op Amazon gepubliseer was, onttrek het...nie net omdat my dogter besig is met die vergemakliking van die hoofstukke en bladsye se navigasie nie, maar ook omdat ek medies ongeskik vir werk verklaar is, en my assuransie nie toelaat dat ek enige inkomste verdien uit my boeke nie, selfs al was my boeke gepubliseer lank voordat hulle my ongeskiktheids eis goedgekeur het.
Verdien ek enigsins iets uit my boeke kan hulle my maandelikse ongeskiktheids-toelae opskort.
Daarom sou al die inkomste uit my boeke na die weeshuis gaan, maar selfs dit sou gesien word as ñ inkomste!
My dogter het gedink dit is uiters onregverdig dat my familie en vriende nie meer my boeke by Amazon op die #Free #Gratis dae kon aflaai nie en sy het besluit om die hoofstukke en bladsye navigasies op elke boek te verbeter, en daarna het sy my boeke oorgelaai op Barnes and Noble Nook Books & Smashwords waar dit dan GRATIS aan my familie en vriende beskikbaar gaan wees.
Amazon het nie die opsie van gratis boeke nie behalwe wanneer dit vir slegs ñ paar dae op promosie is.
Tans is al my kindle eboeke en paperback boeke uit AL Amazon se sales channels ontrek deur bloot die 'untick' van die 'publish' blokkie. http://www.amazon.com/-/e/B00HMJYX8M Sodra ek hoor hoe ek my e-boeke permanent gratis kan maak vir julle op Amazon, sal ek julle laat weet.
My boeke Geeste Portaal, Fatal Fantasy en Dejavu & Destiny Romantiese Weergawe is gratis op Smashwords en op Barnes and Noble Nook Books.
~~~•••~~~

Flamingcrystal (Marlaine Lloyd) is an Afrikaans speaking author that currently lives in a small town, Pongola, in Kwazulu Natal in South Africa. She loves writing in the following genres: fiction, young adult paranormal, fantasy, horrors, thrillers and blushes when she writes erotica.
Flamingcrystal is a widow and has 2 beautiful daughters. Flamingcrystal was raised on a farm in the Orange Free State in South Africa.
She has a BA degree in Retail Marketing and is an #ASMSG member.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews