Gaan Suid-Afrika oukei wees?: 17 Sleutelvrae

Gaan Suid-Afrika oukei wees?: 17 Sleutelvrae

by Jan-Jan Joubert
Gaan Suid-Afrika oukei wees?: 17 Sleutelvrae

Gaan Suid-Afrika oukei wees?: 17 Sleutelvrae

by Jan-Jan Joubert

eBook

$11.99  $15.89 Save 25% Current price is $11.99, Original price is $15.89. You Save 25%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

In Suid-Afrika, so word gesê, gebeur die beste en die slegste nooit. Maar hoe weet ons die land gaan nie dié keer oor die afgrond tuimel nie? Suid-Afrikaners wat keelvol is vir korrupsie - maar lief vir die land - het byna 'n dekade lank hoopvol daarna uitgesien dat Jacob Zuma uit die kussings gelig word. Nou is Cyril Ramaphosa aan die stuur, maar steeds lyk die toekoms onseker. Sedert Ramaphosa die Uniegebou betrek het, het die werkloosheidskoers die hoogte ingeskiet. Die ekonomie groei nie. Met Eskom wat net-net die ligte kan aanhou, populisme wat wyd kop uitsteek en die beoogde nasionale gesondheidsversekering, soek al meer Suid-Afrikaners hul heil in die buiteland. Daar is ongetwyfeld groot uitdagings en Suid-Afrikaners is met reg bekommerd oor die toekoms. Gaan ons dié keer oor die afgrond stort, of is daar hoop? Gaan ons oukei wees? Die gesoute politieke joernalis JAN-JAN JOUBERT kyk na die brandende kwessies wat ons lot kan bepaal. Gaan Suid-Afrika oukei wees? is noodsaaklike leesstof vir elke Suid-Afrikaner wat ingelig wil wees en omgee oor die land se toekoms.

Product Details

ISBN-13: 9780624087717
Publisher: Tafelberg
Publication date: 10/18/2019
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 232
File size: 2 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Jan-Jan Joubert het in Durban grootgeword, waar hy aan die Gelofte Skool in Pinetown gematrikuleer het. Hy het aan die Vrystaatse Universiteit studeer, waar hy die grade BA en BA Hons in geskiedenis (cum laude) verwerf het, asook 'n nagraadse hoër onderwysdiploma. Hy het ook 'n honneursgraad in joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Nadat hy onderwysverslaggewer vir die Johannesburgse dagblad Beeld was, begin hy in 2001 die parlement dek vanuit die persgalery. Hy was politieke redakteur van Beeld, Die Burger en Rapport en parlementêre burohoof van die Sunday Times. Hy is 'n gereelde bydraer tot radio- en televisieprogramme, 'n toneelresensent en het 'n hoofstuk bygedra tot Geskiedenis van Suid-Afrika: Van voortye tot vandag, 'n opdragwerk van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Sy eerste twee boeke, Wie gaan in 2019 regeer? en Geen krummels van die tafel, het albei in 2018 verskyn. Hierdie is sy derde boek. Joubert woon in Kaapstad en het sewe peetkinders.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews