Friksie

Friksie

by Henning Janse van Vuuren
Friksie

Friksie

by Henning Janse van Vuuren

eBook

FREE

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Alwyn Liebenberg is gekompliseerd. Enigmaties. Dit is vir hom onaanvaarbaar dat daar in hierdie land soveel mense is wat het, sonder om dit te verdien. Obsessief op soek na sy eie Nkandla beplan hy haarfyn aan sy skyndood in die Long Tom-pas. Hy besluit vooraf, wat ook al gebeur, hy sit nie sy voete in ’n tronk nie. Terselfdertyd is ’n komkommerkoel polisieman besig om landwyd opspraak te maak as die nuwe superspeurder van Nelspruit. Fritz Moolman, eenkant, vasbeslote, bittereinder en dodelik akkuraat met sy Z88. Hy aanvaar onder geen omstandighede die woord “onopgespoor” op ’n dossier nie. Alwyn se pa, Ulrich, word mettertyd meedoënloos meegesleur deur die gevolge van sy enigste seun se bisarre persepsie van regverdigheid, ’n pion in die mallemeule van Alwyn se surrealistiese denke. Ulrich is nie die enigste slagoffer nie, en vir elke aksie is daar volgens die natuurwette ’n reaksie. Hoe diep is ouerliefde? Hoe diep behoort dit wees?
Daar is ’n prys om te betaal ...
Vreesloos, vetgesmeer en vaartbelyn. Hierdie boek is handgemaak en eg Suid-Afrikaans.


Product Details

BN ID: 2940153047126
Publisher: Henning Janse van Vuuren
Publication date: 01/09/2014
Sold by: Smashwords
Format: eBook
Sales rank: 420,350
File size: 420 KB
Age Range: 18 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Geagte leser Ek doen my bes om verhale te skryf wat vermaak, boei en hopelik ook stof tot nadenke bied. Kruitvat was my debuutroman en as skrywer kon ek ryklik put uit my ervaring as offisier in die Suid-Afrikaanse Polisie, joernalis by Laevelder en as toegelate prokureur. (Sedertien het ek my ook as opvoeder bekwaam.) Kruitvat is propvol eg Suid-Afrikaanse aksie, een of twee etiese kwessies word geopper en 'n gesonde skoot romantiek is boonop bygevoeg. Lees Marius Visser se resensie in Rapport hier: http://www.rapport.co.za/Boeke/Nuus/Sterk-kruit-vat-vlam-op-Kindle-20120823 Vir die jonger leser (of jonk van gees) bied ek TamatiestraaT. Hierdie avontuur saam met die onnutsige Lelanie Louw was 'n finalis in die Sanlam / Tafelberg Jeugromankompetisie gedurende 2009/2010. Desember (by die see ...), ook 'n jeugroman, sien einde 2016 die lig. Jy kan Kruitvat, Friksie, Tamatiestraat of Desember (by die see ...) ook op jou Kindle vanaf Amazon aflaai. Om meer van my doen en late uit te vind, besoek gerus my Facebook-blad: https://www.facebook.com/HenningJvanVuuren Vriendelike groete Henning

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews