Engele in die vreemde: Buitelandse vroue in die Anglo-Boereoorlog

Engele in die vreemde: Buitelandse vroue in die Anglo-Boereoorlog

by Chris Schoeman
Engele in die vreemde: Buitelandse vroue in die Anglo-Boereoorlog

Engele in die vreemde: Buitelandse vroue in die Anglo-Boereoorlog

by Chris Schoeman

eBook

$9.99  $11.00 Save 9% Current price is $9.99, Original price is $11. You Save 9%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Na die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het honderde vroue hul moederlande verlaat en na Suid-Afrika gekom, sommige op soek na avontuur, ander met ’n egte begeerte om die slagoffers van die oorlog te help. Hulle het van reg oor die wêreld gekom – van Brittanje en sy kolonies, en van pro-Boerlande in Europa. Maar wat ook al hul oorsprong, het hulle almal hierheen gekom om in onaangename en vreemde toestande te leef en te werk. Engele in die vreemde vertel die verhale van twaalf van hierdie dapper vroue, afkomstig van Engeland, die Nederlande, België, Swede, Kanada, Australië en Nieu-Seeland. Sommige het as verpleegsters aan die front gewerk, terwyl ander Boerekinders in die konsentrasiekampe onderrig het. Hierdie boeiende en inspirerende boek is gebaseer op persoonlike dagboeke en briewe sowel as ander oorlogsbronne, en vertel van hul beproewings terwyl hulle te kampe gehad het met die gevare van oorlog, die uiterstes van die omgewing en die treurige oë van sterwende mans onder hul sorg. Hul verhale is dié van barmhartigheid en moed.

Product Details

ISBN-13: 9781770225039
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 04/01/2013
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 264
File size: 2 MB
Language: Afrikaans

About the Author

RP Chris Schoeman is in Somerset-Oos gebore en het meestersgrade in geskiedenis aan die Universiteit van Port Elizabeth en Colorado State University verwerf. Hy het gedurende sy loopbaan as historikus en joernalis gewerk en was ook outeur en mede-outeur van verskeie boeke, waaronder District Six: The Spirit of Kanala sowel as die outobiografieë van die Springboklegendes Danie Gerber, Frik du Preez en Os du Randt. Sy onlangse boeke sluit in Boerseun: Memoires van ’n Anglo-Boereoorlogseun en Broers in die stryd: Hollanders in die Anglo-Boereoorlog.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews