Ena Murray Keur 8

Ena Murray Keur 8

by Ena Murray
Ena Murray Keur 8

Ena Murray Keur 8

by Ena Murray

eBook

$10.99  $12.44 Save 12% Current price is $10.99, Original price is $12.44. You Save 12%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

In Gasheer van Drakeneiland kry vyf vreemdelinge ’n aanbod: Gaan hou ’n maand lank vakansie op ’n afgesonderde eiland. Die beloning? Vir elk ’n bedrag wat steier aan die nulle. Die weldoener? ’n Anonieme, eksentrieke miljoenêr en eienaar van Drakeneiland. Aanvanklik ’n avontuur, weldra ’n nagmerrie in die hart van die hel. Wat soek ’n laboratorium in ’n grot in die middel van nêrens? Wie is hul gesiglose gasheer wat net ’n stem oor ’n luidspreker bly? Watter duiwelse eksperimente voer die professor uit? Erger as die gif van dié eksperimente in proefkonyn ná proefkonyn se bloedstroom, is die gif van wantroue in Irma Bruwer: Kan sy Anton de Woud, met sy donker broeiende sjarme, vertrou? Of is hy kop in een mus met die professor? Speel hy toneel en wat is sy rol? In Die droster van Doringbaai is die droster ene Koos van der Merwe, of so stel hy homself voor. Met sy verskyning op die dorp, en met dié van die geheimsinnige skilder, Zuna Steyl, begin sake skeefloop: ongelukke vind plaas en ’n vreemde spanning ontwikkel onder die werkers van Sebastiaan Stadler se visfabriek wat deur sy neef, Eghardt Landman, vir hom bestuur word terwyl hy van ‘n hartaanval herstel. Maar dis nie al nie. Petra Pelser, Sebastiaan se verpleegster, volg hom een nag wanneer hy geheimsinnig verdwyn. Iets is gaande in die groot toring – maar wat? In Net ná middernag word daar een Saterdagnag, toe die kerkhorlosie sy twaalf slae oor Driedoring uitbeier, ’n moord gepleeg op dié rustige plattelandse dorpie. Tot almal se skok en verbasing word die prokureur se lyk die Saterdagoggend in die pastorietuin gevind. Kaptein Deon Roux word ontbied en saam met die speurder leer ons die mense van Driedoring ken – die gewilde dominee, die bekwame skoolhoof, die Badenhorsts met hul vinnige humeure, die mooi, senuweeagtige predikantsvrou, die nuuskierige dokter en sy goeie vrou, die orreliste met haar bewondering vir die dominee, en les bes: Marie Grebe, die jeugliefde van die prokureur wat nou met die skoolhoof getroud is en versot is op speurverhale . . . Saam met kaptein Roux is die leser warm op die spoor van die moordenaar – of is dit ’n dwaalspoor?

Product Details

ISBN-13: 9780624074298
Publisher: Jasmyn
Publication date: 12/06/2015
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
File size: 687 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Ena Murray is op die klein Karoodorpie Loxton gebore, die middelste van drie dogters. Haar pa was die plaaslike geneesheer, en dis hier waar haar groot belangstelling in die geneeskunde ontstaan het. Verskeie van haar verhale het dan ook ʼn hospitaal as milieu. Sy het op Mosselbaai afgetree en is in Junie 2015 oorlede.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews