Dis koue kos, skat

Dis koue kos, skat

by Marita Van der Vyver
Dis koue kos, skat

Dis koue kos, skat

by Marita Van der Vyver

eBook

$11.99  $15.43 Save 22% Current price is $11.99, Original price is $15.43. You Save 22%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Clara Brand skreeu om wraak. Haar man het haar en hul drie kinders vir een van haar vriendinne gelos. En boonop vir iemand wat nie eens ’n eier kan kook nie! Clara stort haar woede, haar wraakgevoelens, haar behoefte aan begrip en ondersteuning uit in briewe. Sy skryf aan haar ontroue man, aan haar suster en aan vriendinne. So ontstaan ’n aangrypende dog ook humoristiese beeld van ’n groeiproses, van die aanvanklike woede tot by aanvaarding, van die koestering van wraak tot die uiteindelike gewaarwording dat sy van haar eks-man verlos is. In korrespondensie wat oor ’n dekade geskryf is, ontvou die verhaal van ’n vrou wat dit regkry om met haar lewe aan te gaan, terwyl daar ’n wond in die siel is wat net besweer kan word deur tyd en die insig wat jy in jouself kry. Dis koue kos, skat is ’n vreeslose, soms skreeusnaakse ontboeseming; dit is slim, genuanseerd en gesofistikeerd. Dit skitter én ontplof, skok én verkwik, soos net die vurigste verhoudings kan.

Product Details

ISBN-13: 9780624079774
Publisher: Tafelberg
Publication date: 06/17/2016
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 314
File size: 546 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Marita van der Vyver is op 6 Mei 1958 in Kaapstad gebore. In haar matriekjaar (aan die Hoërskool Nelspruit) 1975, wat ook die Afrikaanse Eeufeesjaar is, wen sy ’n landwye digkunswedstryd en slaan so ’n studiebeurs van vier jaar los. In 1978 behaal sy ’n BA-graad met tale en drama en in 1979 ’n honneurs in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch. ’n Paar jaar later ontvang sy ’n meestersgraad in joernalistiek. Sy werk as joernalis by Die Burger en Sarie totdat sy in 1987 die vryskutlewe aanpak. Sy debuteer in 1982 met die kinderboek Van jou jas, maar dis haar eerste boek vir volwassenes die opspraakwekkende Griet skryf ’n sprokie in 1992 wat ’n blitsverkoper is en vele herdrukke beleef. Die roman is met die M-Net-prys, ATKV-prys en die Eugène Marais-prys bekroon. Vir haar kinder- en jeugboeke word sy onder meer met die Tienie Holloway-medalje, die MER-prys en die Sanlam-prys vir jeuglektuur bekroon. Haar roman Wegkomkans is hoofsaaklik geskryf tydens haar sabbatsjaar (1996/97) in die suide van Frankryk. Sedert 1999 woon Marita saam met haar Franse man, Alain, en vier kinders op die Franse platteland.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews