Die Pro

Die Pro

by Leon de Villiers
Die Pro

Die Pro

by Leon de Villiers

eBook

$7.49  $8.52 Save 12% Current price is $7.49, Original price is $8.52. You Save 12%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Tiaan is dik vir almal wat hom weer die see wil indwing. By die skool kan hulle nie ophou praat oor hoe die golwe dié vakansie was nie. Glo elke dag perfek. Oh well, great vir hulle, dink Tiaan. Hoop hulle het dit geniet. Daar is seker nie ’n wet wat sê ’n mens móét elke dag in die see lê net omdat jy daar naby woon nie. Maak hom in elk geval siek, ouens wat meer oor surf praat as iets anders. Dink seker hoe meer jy daaroor praat, hoe beter surfer maak dit jou. Met Dirkie was dit anders. Hulle twee kon net sowel verlede jaar die skool gelos en heeldag by die see rondgehang het. Wat het al daardie skoolgaan Dirkie in elk geval gebaat? Sy lewe sou baie meer beteken het as hy liewer die poele bekyk het as om hom moeg te leer aan Wiskunde en sulke snert. En toe drop hy hom. Dirkie, die ou wat altyd vir die grootste golwe kans gesien het, Dirkie, sy beste pel, drop hom solied. En hy wat Tiaan is, bly alleen agter om te verduidelik.

Product Details

ISBN-13: 9780624076544
Publisher: Tafelberg
Publication date: 10/01/2015
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 128
File size: 504 KB
Age Range: 14 - 18 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Leon de Villiers is op 25 Julie 1960 in Pretoria gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Hercules in Pretoria. Daarna studeer hy aan die Universiteit van Pretoria waar hy ’n BA- en Honneurs BA-graad in Staatsleer en Internasionale Politiek verwerf. Hy behaal ook ’n Hoër Onderwysdiploma aan dieselfde universiteit.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews