Die grammatika van liefhê

Die grammatika van liefhê

by J.C. Steyn
Die grammatika van liefhê

Die grammatika van liefhê

by J.C. Steyn

eBook

$8.99  $10.36 Save 13% Current price is $8.99, Original price is $10.36. You Save 13%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

J.C. Steyn se debuut-digbundel plaas die fokus op sowel persoonlike problematiek (die ek in sy verhouding tot homself en die liefde) as ’n fyn spel met die taal. Die klem is op die betekenismoontlikhede van woorde, onder meer in assosiasie met ander woorde. Die digter skram weg van sentiment, maar lewer tog ’n besonderse bydrae tot die Afrikaanse liefdespoësie.

Product Details

ISBN-13: 9780624078401
Publisher: Tafelberg
Publication date: 07/17/2016
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 56
File size: 171 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Jacob Cornelius Steyn is op 31 Julie 1938 op die plaas Mara, distrik Fouriesburg, in die Vrystaat gebore. Van 1968 tot Junie 1970 was hy lektor in algemene taalwetenskap aan die Universiteit van Port Elizabeth, en daarna tot Maart 1985 aan die Randse Afrikaanse Universiteit. Vir ’n kort periode – van Julie 1974 tot Augustus 1975 – was hy verbonde aan die hoofredaksie van Rapport. Sy doktorsgraad verwerf hy in 1968 aan die Universiteit van Port Elizabeth. Van April 1985 tot Desember 1997 was hy professor/navorser aan die Universiteit van die Vrystaat. Steyn het honderde koerantartikels oor veral taalpolitiek geskryf, asook sowat honderd artikels in vaktydskrifte en boeke. Hy is die skrywer van ’n digbundel Die grammatika van liefhê (1975), en die volgende prosawerke: Op pad na die grens (1976), Dagboek van ’n verraaier (1978), Die verlore vader (1985) en Hoeke Boerseuns ons was (1991). Hy is ook die outeur van ’n aantal nie-fiksiewerke. Steyn het ses keer pryse van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang. Dit is die Eugène Maraisprys vir debuutwerk vir Die grammatika van liefhê (1976), die C.J. Langenhovenprys vir taalwetenskap (1988), die Elisabeth Eybersbeurs vir navorsing in Nederland (1996), die N.P. van Wyk Louwmedalje vir skeppende bydraes tot die ontginning van sekere vakgebiede (2000), die Stalsprys vir geskiedwetenskappe vir N.P. van Wyk Louw – ’n lewensverhaal (2003) en die Louis Hiemstraprys vir nie-fiksie vir Die 100 jaar van M.E.R. (2005). Ander pryse wat hy ontvang het, is die Ingrid Jonkerprys vir sy poësiedebuut Die grammatika van liefhê (1976), twee keer die Recht Malan-prys vir nie-fiksie vir Tuiste in eie taal (1981) en N.P. van Wyk Louw – ’n lewensverhaal (1999), die Louis Luytprys vir Tuiste in eie taal (1981), en die Insig-prys vir nie-fiksie (2000) vir N.P. van Wyk Louw – ’n lewensverhaal.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews