Die beste verhale en humor van Herman Charles Bosman

Die beste verhale en humor van Herman Charles Bosman

Die beste verhale en humor van Herman Charles Bosman

Die beste verhale en humor van Herman Charles Bosman

eBook

$11.49  $14.74 Save 22% Current price is $11.49, Original price is $14.74. You Save 22%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Hierdie versameling bevat die beste verhale en humor van Bosman, nou ook in Afrikaans vertaal deur die bekroonde Afrikaanse digter, Johann de Lange. Sterlig op die veld bevat 23 van Bosman se beste stories. Dit sluit klassieke Oom Schalk-stories in soos “Die pad na Mafeking”, “Die Rooinek” en “Makapan se grotte”, en ook Voorkamerstories soos “Skoolkonsert” en “Geboortesertifikaat”. En in beroemde stories soos “’n Boere-Rip van Winkel” en “’n Ou Transvaalse verhaal” hoor ons die stem van die skrywer wat met self-ironie die kuns van die storieverteller bepeins. Die herken-blues bevat 29 stukke wat strek oor Bosman se hele loopbaan, van skoolseungrappe tot die laaste lag. Soos Bosman self gesê het, was hy bekend vir die humor wat in al sy werk te vinde was en wat hom so gewild gemaak het onder sy lojale lesers. Hierdie versameling sluit bekende juwele soos “In die skadu van die withaak”, “’n Bekkersdal-marathon” en “’n Besoek aan Blikkiesdorp” in, waarin sy satiriese ironie in volle swang is, tot ’n aantal essays wat nog nie voorheen in ’n bundel versamel is nie wat hom ewig as een Suid-Afrika se gemoedelikste kommentators bevestig.

Product Details

ISBN-13: 9780798164474
Publisher: Human & Rousseau
Publication date: 10/01/2013
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 320
File size: 3 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Herman Charles Bosman wat in 1951 aan ’n hartaanval gesterf het, bly een van Suid-Afrika se beroemdste storievertellers. Hy het die wêreld op ’n unieke manier gesien en ’n intense opwinding deur sy stories oorgedra. Sy werk is lank reeds as deel van die klassieke kanon van Suid-Afrikaanse letterkunde erken. Sy werk bly steeds relevant – Duitse en Amerikaanse uitgawes van Mafeking Road and other stories het onlangs verskyn. Herman Charles Bosman is gebore in 1905 op Kuilsrivier naby Kaapstad. In 1916 het die familie na die Transvaal getrek.Nadat hy aan die Universiteit van die Witwatersrand en die Normaalkollege gestudeer het, is Bosman as ’n jong onderwyser gestuur na ’n plaasskool naby Zwingli in die Marico-distrik, van wat toe die Wes-Transvaal was. Dit was daar dat hy ’n gemeenskap ryk aan storievertellers teëgekom het – baasvertellers wat wonderbaarlike stories oor die Boereoorlog en ander onvergeetlike gebeure kon spin. Hy sou hierdie figure later verewig in sy eie Oom Schalk Lourens-karakter. Sy verblyf in die Marico is skielik beëindig toe hy gearresteer en skuldig bevind is vir die moord op sy stiefbroer tydens ’n vakansie by die familie se huis in Johannesburg. Aanvanklik is hy tot die dood veroordeel, maar sy vonnis is versag en hy het vier jaar uitgedien in die Pretoria Sentrale Gevangenis. Na sy vrylating in 1930 het hy as joernalis begin werk en kortverhale begin skryf. Van sy vroegste werk was Oom Schalk Lourens-verhale, wat hy deurgaans geskryf het tussen 1930 en 1951, die jaar van sy dood. In 1950 het hy die “Voorkamer”-reeks begin skryf, en het altesaam ongeveer 80 van hierdie stukke geskryf. Hy het ook sporadies stories geskryf wat hy in sy eie stem, as skrywer, aangebied het; hierdie stukke is in 2000 versamel as Old Transvaal Stories. Al drie hierdie vertelmodusse word in hierdie keur verteenwoordig. Bosman het in Oktober 1951 skielik aan ’n hartaanval gesterf. Hy het slegs drie van sy werke in sy leeftyd in druk gesien: Jacaranda in the Night (1947), Mafeking Road (1947) en Cold Stone Jug (1949), sy tronkherinneringe.
Johann de Lange se debuutbundel Akwarelle van die dors (1982) word in 1983 met die Ingrid Jonkerprys vir debuutpoësie bekroon. Daarna volg Waterwoestyn (1984), Snel grys fantoom (1986), Wordende naak (1990) waarvoor hy die Rapportprys vir Poësie ontvang, Nagsweet (1991), Vleiswond (1993) en Wat sag is vergaan (1995). In 1996 maak hy sy prosadebuut met Vreemder as fiksie, en ’n tweede kortverhaalbundel Tweede natuur volg in 2000. Hy het bloemlesings saamgestel (o.a. Soort soek soort, Die dye trek die dye aan), en baie gedigte vertaal (o.a. The wisdom of water, vertalings van Wilma Stockenström se gedigte). Die algebra van nood, wat in 2009 verskyn het, is in 2011 met die Hertzogprys bekroon. In 2010 het Judasoog, ’n keur uit sy gedigte, verskyn.

Read an Excerpt

Hierdie versameling bevat die beste verhale en humor van Bosman, nou ook in Afrikaans vertaal deur die bekroonde Afrikaanse digter, Johann de Lange._x000D_

_x000D_

Sterlig op die veld bevat 23 van Bosman se beste stories. Dit sluit klassieke Oom Schalk-stories in soos “Die pad na Mafeking”, “Die Rooinek” en “Makapan se grotte”, en ook Voorkamerstories soos “Skoolkonsert” en “Geboortesertifikaat”. En in beroemde stories soos “’n Boere-Rip van Winkel” en “’n Ou Transvaalse verhaal” hoor ons die stem van die skrywer wat met self-ironie die kuns van die storieverteller bepeins._x000D_

_x000D_

Die herken-blues bevat 29 stukke wat strek oor Bosman se hele loopbaan, van skoolseungrappe tot die laaste lag. Soos Bosman self gesê het, was hy bekend vir die humor wat in al sy werk te vinde was en wat hom so gewild gemaak het onder sy lojale lesers. Hierdie versameling sluit bekende juwele soos “In die skadu van die withaak”, “’n Bekkersdal-marathon” en “’n Besoek aan Blikkiesdorp” in, waarin sy satiriese ironie in volle swang is, tot ’n aantal essays wat nog nie voorheen in ’n bundel versamel is nie wat hom ewig as een Suid-Afrika se gemoedelikste kommentators bevestig.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews