Dawie de Villiers: My lewensreis: Springbok, politikus, diplomaat

Dawie de Villiers: My lewensreis: Springbok, politikus, diplomaat

by Dawie de Villiers
Dawie de Villiers: My lewensreis: Springbok, politikus, diplomaat

Dawie de Villiers: My lewensreis: Springbok, politikus, diplomaat

by Dawie de Villiers

eBook

$10.99  $14.50 Save 24% Current price is $10.99, Original price is $14.5. You Save 24%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Springbokkaptein, predikant, filosoof, ambassadeur, kabinetsminister, wêreldreisiger, kunsliefhebber, gesinsman. Dit was en ís die wêreld van dr. Dawie de Villiers, een van Suid-Afrika se ikone wat sy land dekades lank op vele terreine met groot onderskeiding gedien het. Hierdie boeiende lewensverhaal neem lesers op ’n merkwaardige lewenspad deur Suid-Afrika se sport- en politieke geskiedenis. De Villiers se jeugjare in ’n polities georiënteerde gesin, sy vinnige opgang vanuit sy geliefde Stellenbosch Rugbyklub tot in die Springbokspan, sy moeilike pad met sportbeserings en die soet en suur van Springbok-wees is maar enkele aspekte van dié lekkerlees-ervaring. Hy vertel van sy betrokkenheid in die politiek as ’n ywerige waarnemer van onder andere die bekende filosoof, prof. Johan Degenaar; sy opwindende lewe as ambassadeur in Londen; as kabinetsminister onder P.W. Botha, F.W. de Klerk en Nelson Mandela; die Kodesa-onderhandelinge en die oorgang na demokrasie; en uiteindelik ’n reeks verrykende reise oor die wêreld as adjunk-sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies se World Tourism Organization (UNWTO). My lewensreis is ’n belangrike bydrae om die rol te beskryf van Afrikanerleiers wat uit die rigiede denkskema van apartheid ontsnap het, wat vanweë morele oortuigings én hulle bevoegdhede ’n nuwe Suid-Afrika help skep het.

Product Details

ISBN-13: 9781776092437
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 03/01/2018
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 296
File size: 9 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Dawie de Villiers het tussen 1962 en 1970 in 25 toetse vir Suid-Afrika gespeel, waarvan 22 as kaptein. Hy was van 1971 tot 1997 as parlementslid en kabinetsminister in die Suid-Afrikaanse politiek betrokke en was van 1997 tot 2005 adjunk-sekretaris-generaal van die Wêreldtoerisme-organisasie. Hy en sy vrou, Suzaan, woon in Stellenbosch en het vier getroude kinders en nege kleinkinders.
Chris Schoeman is die skrywer van biografieë oor rugbylegendes soos Bob Loubser, Danie Gerber, Frik du Preez en Os du Randt en die internasionale krieketskeidsregter Rudi Koertzen, asook boeke oor die Anglo-Boereoorlog, die Eerste Wêreldoorlog en streeksgeskiedenisse. Die laaste drie kategorieë sluit in Boerseun, Engele uit die vreemde, Broers in die stryd, Churchill’s South Africa, The Somme Chronicles, The Historical Karoo en The Historical Overberg.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews