Danda op Oudeur

Danda op Oudeur

by Chris Barnard
Danda op Oudeur

Danda op Oudeur

by Chris Barnard

eBook

$7.49  $8.75 Save 14% Current price is $7.49, Original price is $8.75. You Save 14%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Toe Danda ’n jaar gelede op die vissersdorp Oudeur aangekom het, het hy gedink al sy probleme is opgelos. Want hy was weer by sy pa, ver van sy peetouers wat nie vir hom omgee nie, daar was plek vir sy diere en hy kom kom en gaan soos hy wou. Maar een aand, nadat die onbekende man op die sypaadjie met hom gepraat het, besef Danda hy weet reeds geruime tyd alles is nie pluis nie. Hy gee nie meer sy hart aan die dinge waarvoor hy vroeër so baie omgegee het nie, en sy pa is stil en bedruk. Toe hy ’n afspraak met die onbekende nakom, raak Danda teen sy sin betrokke by die bedrywighede van die dorp se mees gevreesde bende rampokkers, en ’n afperser wat geduldig wag op die ondergang van die beste man in die wêreld – Danda se eie pa. Is die wêreld regtig so ’n ingewikkelde plek soos wat sy pa sê, of maak mense dit ingewikkelder as wat dit is?

Product Details

ISBN-13: 9780624065227
Publisher: Tafelberg
Publication date: 09/20/2013
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 208
File size: 928 KB
Age Range: 14 - 18 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Chris Barnard is een van die sestigerfigure in die Afrikaanse letterkunde. Hy wou reeds toe hy agtien jaar oud was skrywer word. Ná sy B.A.- graad word hy joernalis en werk later as uitgewer by Afrikaanse Pers Boekhandel. In 1978 trou hy met die rolprentmaker Katinka Heyns en in samewerking met haar word hy filmvervaardiger en draaiboekskrywer. Van sy bekendste werk is Duiwel-in-die-bos (waarvoor hy die CAN-prys wen) en Mahala, wenner van die Hertzog- en W.A. Hofmeyr-pryse. Bekende jeugromans uit sy pen is Danda, die opvolg Danda op Oudeur en Voetpad na Vergelegen.

Read an Excerpt

Toe Danda ’n jaar gelede op die vissersdorp Oudeur aangekom het, het hy gedink al sy probleme is opgelos. Want hy was weer by sy pa, ver van sy peetouers wat nie vir hom omgee nie, daar was plek vir sy diere en hy kom kom en gaan soos hy wou. Maar een aand, nadat die onbekende man op die sypaadjie met hom gepraat het, besef Danda hy weet reeds geruime tyd alles is nie pluis nie. Hy gee nie meer sy hart aan die dinge waarvoor hy vroeër so baie omgegee het nie, en sy pa is stil en bedruk.

Toe hy ’n afspraak met die onbekende nakom, raak Danda teen sy sin betrokke by die bedrywighede van die dorp se mees gevreesde bende rampokkers, en ’n afperser wat geduldig wag op die ondergang van die beste man in die wêreld – Danda se eie pa.

Is die wêreld regtig so ’n ingewikkelde plek soos wat sy pa sê, of maak mense dit ingewikkelder as wat dit is?

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews