Brandwaterkom

Brandwaterkom

by Alexander Strachan
Brandwaterkom

Brandwaterkom

by Alexander Strachan

eBook

$11.49  $14.74 Save 22% Current price is $11.49, Original price is $14.74. You Save 22%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Bekroon met die derde prys in NB-Uitgewers se Groot Romanwedstryd. Esther van Emmenes het nie die bakkie hoor stilhou nie. Sy loop heeltemal ingedagte tussen die ou grafstene in die Fouriesburgse begraafplaas rond. Soekend. Sy is dikwels in die begraafplaas. Dit is waarom sy op dié Vrystaatse dorpie kom woon het, om naby die bronne vir haar navorsing te wees. Veral naby die Brandwaterkom te wees, want dit is waar kommandant Fanie Vilonel in die Anglo-Boereoorlog die oorgawe van meer as vierduisend Boerekrygers bemiddel het. Dis na sý spore dat sy soek, Vilonel s’n. Dan hoor Esther die bakkiedeur klap; sy kyk verskrik om. Deur die hek van die begraafplaas kom ’n man aangeloop. ’n Onbekende man. Hy sê hy wil haar iets wys wat vir haar navorsing baie sal beteken . . . Alexander Strachan se Brandwaterkom is ’n dubbelloop-roman: ’n bloedstollende oorlogsverhaal én ’n diepsnydende ondersoek na die verraderlike manier waarop verhale met ons op loop gaan. Met verbluffende vernuf trek Strachan albei snellers gelyk.

Product Details

ISBN-13: 9780624073376
Publisher: Tafelberg
Publication date: 06/16/2015
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 384
File size: 629 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Alexander Strachan is op 9 Junie 1955 in die distrik Ladysmith in KwaZulu-Natal gebore. Hy matrikuleer in 1972 aan die Hoër Landbouskool Tweespruit. Ná studie in tale aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat (en later in literatuur-wetenskap aan Unisa) word hy professor in Zoeloe aan die Universiteit van Zoeloeland. Ná sy bedanking skryf hy voltyds en sit sy wildboerdery voort. Alexander is ’n vlot Zoeloespreker en hou hom deeltyds besig met industriële teater wat hy volledig via die medium van die inheemse tale aanbied. Alexander se debuutbundel kortverhale, ’n Wêreld sonder grense (1984), is met die Eugène Marais-prys bekroon. ’n Wêreld sonder grense maak saam met die werk van ander skrywers (soos JC Steyn, Etienne van Heerden en Koos Prinsloo) deel uit van grensliteratuur. Daarna verskyn die romans Die jakkalsjagter (1990) en Die werfbobbejaan (1994) waarna laasgenoemde titel met die WA Hofmeyr-prys bekroon is. Ook Alexander se derde roman, Dwaalpoort (2010), het in 2011 die WA Hofmeyr-prys ontvang.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews