Boer kry 'n vrou

Boer kry 'n vrou

by Jan Van Staden
Boer kry 'n vrou

Boer kry 'n vrou

by Jan Van Staden

eBook

$10.99  $12.44 Save 12% Current price is $10.99, Original price is $12.44. You Save 12%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Hoekom sal ’n ou soos Juan van Wyk aan die TV-program Boer soek ’n vrou deelneem? Hy is nou wel nie getroud nie, maar dit beteken vir geen oomblik dat hy nie ’n vrou het nie. Om die waarheid te sê het hy omtrent elke vrou op die dorp presies net waar hy haar wil hê. Tussen die lakens. Volkome uitgelewer aan sy buitengewone lyflike vermoëns. Ja, daardie Bosveldplaas van hom ken die snak van ’n ekstatiese vrou. Maar die ding is dat Juan nou al ’n ruk lank voel sy bedavonture moet rigting kry. En dalk help die TV-program. Dis in elk geval wat sy suster sê. En Marissa, die dominee se dogter, sê ook so. Dis dié dat hy nou wag dat die filmspan opdaag, want hy het tien meisies wat hom gaan help om agter te kom wat dit is wat hy wil hê. En dan lê sy lewe voor. Nog nooit was Afrikaanse fiksie só warm nie. Nog nooit is daar so lekker op papier gevry nie.

Product Details

ISBN-13: 9780624073703
Publisher: Tafelberg
Publication date: 05/17/2015
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 304
File size: 437 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Jan van Staden is gebore in die Pelgrimsrus-distrik. Hy studeer aan die Vaaldriehoek Universiteit van Tegnologie en Unisa. Ná ’n kort loopbaan in die mynbedryf begin hy ’n loopbaan by Sasol waar hy die afgelope dekade werksaam is. Sy liefde vir jag en die natuur het hom geïnspireer om te begin skryf oor al die pret wat daarmee saamgaan. Hy word ook geïnspireer om kortverhale te skryf vir Litnet waar sy talent raakgesien is.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews