Bloots: Prikkelend, passievol, sensueel

Bloots: Prikkelend, passievol, sensueel

Bloots: Prikkelend, passievol, sensueel

Bloots: Prikkelend, passievol, sensueel

eBook

$11.49  $14.74 Save 22% Current price is $11.49, Original price is $14.74. You Save 22%.

Available on Compatible NOOK devices, the free NOOK App and in My Digital Library.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Die woordeboek sê die erotiek gaan oor al die verskynsels en gevoelens van “sinlike” liefde, en oor die kuns “om lief te hê”. Die erotiek was nog altyd met ons en sal altyd met ons wees – nie net in die slaapkamer nie, maar ook in vele mooi dinge in die wêreld om ons: ’n Rodin-beeldhouwerk, ’n Picasso-skildery, ’n Dvorák-simfonie, ’n Zeferelli-rolprent, ’n Ferrari-ontwerp of Alexander McQueen-tabberd … Maar erotiek het nie altyd met die liefde te make nie. Soms is dit sinloos, sedeloos, waansinnig en onsinnig ... Erotiek hoef nie noodwendig sag, pienk en romanties te wees nie. In Afrikaans het ons al bundels gehad wat dié onderwerp aanraak – dink maar aan Lyfspel/Body Play (1994), Rachelle Greeff se versameling erotiese verhale deur vroue; Johann de Lange en Antjie Krog se bundel Die dye trek die dye aan (1998), en meer onlangs was daar Maanvrug en Slavin deur Annelise. Maar die tyd is ryp vir ’n vars blik op die erotiek in Afrikaans. Tafelberg het die omvangrykste bundel oor die erotiek bedink: Bloots bevat verhale van ou hande en nuwe stemme; digters, joernaliste, skrywers, sangers, sakemense, sosiale vlinders, sekskatjies, tuiniers, politici, komediante, kosmense, kerkmense, kunstenaars, kommentators, ekonome, en regisseurs. Daar’s ma’s en pa’s, oumas en oupas, weduwees en wewenaars, ougetroudes, geskeides, alleenlopers. Van hulle is bekend, ander minder bekend. Bloots is lyfliteratuur uit die boonste rakke.

Product Details

ISBN-13: 9780624054306
Publisher: Tafelberg
Publication date: 07/25/2012
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 288
File size: 832 KB
Language: Afrikaans

About the Author

Karin Eloff is die Doppermeisie wat ’n ontkleedanser en sekswerker geword het – en redakteur was van Loslyf – voordat haar swangerskap haar lewe verander het. Toe het sy Stiletto begin skryf, die boek oor haar jare in die volwassevermaakbedryf, en die wêreld stormenderhand verower daarmee. Deesdae woon sy in Johannesburg saam met Wanya, haar agtjarige dogter wat haar behoorlik met vrae peper, en doen teksversorging by ’n Sondagkoerant. En in haar haar vrye tyd bespeel sy die tjello – nadat sy graad 6 met lof geslaag het, is sy hard aan die oefen vir graad 7.
Peter van Noord was eers Afrikaans-onderwyser op Louis Trichardt en Middelburg (die Hoëveldse een) voordat hy in 1993 Kaap toe is en ’n joernalis geword het. Hy leef van woorde: Skryf sy eie, maar herskryf, redigeer en vertaal ook dié van ander. En lees dit in sy vrye tyd. Deesdae woon hy op Koringberg in die Swartland waar hy sy woordfabriek bedryf en op piepklein skaal met olywe boer. Hy is passievol oor Suid-Amerikaanse, Kubaanse en Franse musiek, maar is verslaaf aan die kantates van J.S. Bach.

Read an Excerpt

Die woordeboek sê die erotiek gaan oor al die verskynsels en gevoelens van “sinlike” liefde, en oor die kuns “om lief te hê”. Die erotiek was nog altyd met ons en sal altyd met ons wees – nie net in die slaapkamer nie, maar ook in vele mooi dinge in die wêreld om ons: ’n Rodin-beeldhouwerk, ’n Picasso-skildery, ’n Dvorák-simfonie, ’n Zeferelli-rolprent, ’n Ferrari-ontwerp of Alexander McQueen-tabberd … Maar erotiek het nie altyd met die liefde te make nie. Soms is dit sinloos, sedeloos, waansinnig en onsinnig ... Erotiek hoef nie noodwendig sag, pienk en romanties te wees nie. In Afrikaans het ons al bundels gehad wat dié onderwerp aanraak – dink maar aan Lyfspel/Body Play (1994), Rachelle Greeff se versameling erotiese verhale deur vroue; Johann de Lange en Antjie Krog se bundel Die dye trek die dye aan (1998), en meer onlangs was daar Maanvrug en Slavin deur Annelise. Maar die tyd is ryp vir ’n vars blik op die erotiek in Afrikaans. Tafelberg het die omvangrykste bundel oor die erotiek bedink: Bloots bevat verhale van ou hande en nuwe stemme; digters, joernaliste, skrywers, sangers, sakemense, sosiale vlinders, sekskatjies, tuiniers, politici, komediante, kosmense, kerkmense, kunstenaars, kommentators, ekonome, en regisseurs. Daar’s ma’s en pa’s, oumas en oupas, weduwees en wewenaars, ougetroudes, geskeides, alleenlopers. Van hulle is bekend, ander minder bekend. Bloots is lyfliteratuur uit die boonste rakke.

From the B&N Reads Blog

Customer Reviews