Bloedsteen

Bloedsteen

by Irna van Zyl
Bloedsteen

Bloedsteen

by Irna van Zyl

eBook

$12.99  $17.00 Save 24% Current price is $12.99, Original price is $17. You Save 24%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers

LEND ME® See Details

Overview

Dinge ontrafel vinnig wanneer iemand speuradjudant Storm van der Merwe se ma voor ’n trein op Paddington-stasie instamp. Storm moet Londen toe, al is sy tot oor haar ore met ’n moordsaak: Beebee Bukelwa Babu, befaamde Suid-Afrikaanse modeontwerper, lê leweloos in ’n luukse hotel op Hermanus. Hande om Storm te help met die ondersoek ná Beebee se dood is min, want protesaksie lê die dorp lam. Boonop sweep ’n charismatiese profeet die skare tot ’n histerie op. Storm besef gou dit is nie net haar ma se lewe wat in gevaar is nie. Sy is self ’n teiken. Intussen probeer haar ekskollega, Andreas Moerdyk, nou ’n privaat speurder, om ’n skaars rooi diamant van onskatbare waarde op te spoor. Van Londen se donker strate tot Antwerpen se diamantebeurs, van Port Nolloth se verlate kuslyn tot Storm se geliefde Hermanus, ontvou die storie in Irna van Zyl se derde misdaadroman teen die pas van ’n sneltrein.

Product Details

ISBN-13: 9781485904243
Publisher: Penguin Random House South Africa
Publication date: 03/01/2020
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 384
File size: 1 MB
Language: Afrikaans

About the Author

Irna van Zyl is die skrywer van die gewilde misdaadromans Moordvis en Gifbeker. Sy is ’n bekende mediapersoonlikheid en entrepreneur en was onder andere redakteur van De Kat, Insig en Boeke-Insig. Voordat sy heeltyds begin skryf het, was sy die uitvoerende direkteur van ’n toonaangewende bemarkingsagentskap. Irna het talle pryse vir haar werk ontvang, onder meer die Orde van Tafelberg vir haar sakeprestasie. Sy woon in Kaapstad.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews