Blinde sambok

Blinde sambok

by Riana Scheepers
Blinde sambok

Blinde sambok

by Riana Scheepers

eBook

$6.99  $7.97 Save 12% Current price is $6.99, Original price is $7.97. You Save 12%.

Available on Compatible NOOK Devices and the free NOOK Apps.
WANT A NOOK?  Explore Now

Related collections and offers


Overview

Niemand het gedink ek sal hoor nie, maar ek hét! Moenie dink omdat jy maar net tien minute gelede gebore is, omdat jy rooi en opgeskroef en lelik is, dat jy ook dom is, of nie kan hoor wat gepraat word nie. Jy kán. “Hierdie hopie sprinkaanbene . . . Is dit ’n kind? Is dit mýne?” Ek het my pa gehoor, en dit het die kwaad in my losgemaak, tóé al. En toe hoor ek ook die ander ding, dit wat suster Van Schalkwyk van my gesê het. Dit wat sy gesê het, het ek ook met my saamgevat. En dit het die wen in my losgemaak, tóé al. Want ek, die meisiekind wat my pa nie wou hê nie, moes baklei teen die vloek van die Gideon de la Reys . . .

Product Details

ISBN-13: 9780624078142
Publisher: Tafelberg
Publication date: 12/17/2016
Sold by: Barnes & Noble
Format: eBook
Pages: 126
File size: 2 MB
Age Range: 12 - 18 Years
Language: Afrikaans

About the Author

Riana Scheepers, bekroonde skrywer van onder meer Dulle Griet, Die heidendogters jubel en die gewilde Katrina-boeke, neem die leser met haar nuutste boek na ’n jeugwêreld op ’n plaas waar saans na oustories om ’n misvuur geluister word. Maar altyd is daar in die jong Gideonette de la Rey se lewe die bedreiging van die blinde sambok, die bliksemstraal wat in ’n oomblik alles kan verander.
From the B&N Reads Blog

Customer Reviews